Afrika kry sy eerste swart heilige

Deel op

Die eerste swart heilige van Afrika is nie Nelson Mandela nie, het die Sunday Times berig.

Benedictus Daswa, ‘n Limpopo-skoolhoof wat gestenig, geslaan en doodgebrand is vir sy Katolieke oortuigings is, sal as die eerste swart heilige van Afrika verklaar word.

“Hy het ‘n beginselvaste standpunt teen heksery ingeneem. Hy het dit openlik gedoen, selfs al was daar pogings op sy lewe voordat hy ‘n martelaar geword het,” het Biskop Hugh Slattery aan die koerant gesê, wat die veldtog vir die saligverklaring van Daswa gelei het.
 
Op 22 Januarie vanjaar het Pous Francis die proklamasie om saligverklaring gemagtig.
 
Slattery het gesê daar is ‘n “besliste moontlikheid” dat die pous kan die seremonie kan bywoon.
 
“Ons hoor dat hy waarskynlik na Afrika kom aan die einde van die jaar.”
 
Daswa se storie is vervat in ‘n verslag van nagenoeg 1000 bladsye wat aan die Vatikaan voorgelê is.
 
Gebore in Mbahe in 1946 as ‘n lid van die Lemba-stam – wat hulself as afstammelinge van die Jode beskou – is Daswa na Katolisisme op die ouderdom van 17 bekeer.
 
Op 2 Februarie 1990, is Daswa in ‘n lokval gelei en vermoor deur ‘n skare wat hom gestenig het, met ‘n knopkierie oor sy kop geslaan het en kookwater oor hom gegooi het omdat hy nie swaar weer aan heksery wou verbind nie.
 
Hy was 43.
 
Hierdie week, is ‘n uitnodiging om die plegtigheid by te woon deur die aartsbiskop van Durban, kardinaal Wilfred Napier, aan die Vatikaan oorhandig.
 

Neem deel aan die gesprek en lewer gerus hier onder kommentaar!

L.W. U gebruik die Disqus-kommentaarafdeling op eie risiko en PRAAG, die redaksie of enige verwante persone of entiteite aanvaar geen verantwoordelikheid vir u kommentaar en watter gevolge ook al daaruit mag voortspruit nie. Terselfdertyd vereis ons dat u ter wille van beskaafdheid, redelikheid en die gerief van ander gebruikers, u sal weerhou van kwetsende taalgebruik, vloekwoorde, persoonlike aanvalle op medegebruikers, twissoekery en algemene "trol"-gedrag. Enigeen wat só 'n laspos word, sal summier verbied word en sy IP-adres sal insgelyks versper word. Ons sal ook nie huiwer om, waar nodig, kriminele klagte aanhangig te maak teen individue wat hulle aan dreigemente, teistering of intimidasie skuldig maak nie.