Lekota nie meer gewild in ANC

Deel op

Voormalige minster van verdediging, Terror Lekota wat ‘n onlangse ope brief aan die ANC gestuur het, is vandag deur die ANC jeugliga as ‘n sterwende perd beskou wat sy laaste skoppe na die party mik. Segsman Floyd Shivambu sê die liga wou eers nie reageer op die brief van Lekota nie, en het moeg geraak vir die man se “kinderagtige, openlike weerstand en verdraaiing” van die party se beginsels.

Deel op

“Die ANC Jeugliga sou mnr. Lekota los om ‘n gek van homself te maak, en hom toelaat om soos alle sterwende perde ‘n paar skoppe in te kry” het Shivambu bygevoeg. Donderdag het Lekota, wat ook die nasionale voorsitter was, die ANC leierskap daarvan beskuldig dat hulle die party weglei van sy politieke kultuur en waardes.

In ‘n sterk bewoorde verklaring aan die ANC sekretaris-generaal, Gwede Mantashe, het hy gesê dat die huidige leierskap binne die ANC ‘n direkte en klinkklare vertrek van die Vryheidshandves geneem het. Lekota het hom ook uitgespreek teen die hoë vlakke van onverdraagsaamheid in die ANC.

Shivambu het gesê dat Lekota homself met die skryf van dié brief soos ‘n bedorwe brokkie gedra het. Hy sê dat Lekota nou te ver gegaan het en dat hy homself buite die organisasie se beginsels en riglyne gedefinieer het. Volgens Shivambu behoort Lekota onderworpe te wees aan prosesse, beginsels en dissipline, indien hy nog ‘n lid van die organisasie is.

Hy het gesê dat die liga ‘n uitgebreide benadering tot die verklaring sal bespreek met hulle volgende vergadering. Hy sê ook dat die  ANC nie deur lafaards en agente wat oproer stook gyselaar gehou sal word nie en ook nie wat dreigemente van wegbreek van die party maak nie.

Só 'n  aksie sal volgens hom die werklike magsbehepte lede ontbloot. Die mense wat wil wegbreek van die ANC moet dit nou doen sê Shivambu. Hy sê dat dit net eiebelang sal uitwys van die mense wat nie demokratiese besluite kan aanvaar nie.

Lekota beweer in sy brief dat lede wat standpunte gehad het wat verskil van die gewilde menings, later uit die party se strukture verwyder is. Dit is volgens hom iets wat indruis teen die ANC se demokratiese kultuur. Lekota sê dat in pleks daarvan om respek vir demokratiese institusies te kweek, die ANC-leiers dreigemente maak dat hulle die land tot stilstand sal bring indien regsuitsprake nie strook met wat hulle wil hê nie.   

Donderdag het minister van vervoer en lid van die uitvoerende raad, Jeff Radebe, in antwoord op die brief van Lekota gesê dat ANC-lede se kritiek teen die party dieselfde is as hulle kennisgewing om te bedank. Die ANC is volgens Radebe ‘n vrywillige samekoms van individue wat in die ANC glo en wat vry is om dit te verlaat as hulle nie meer daarin glo nie.

Die geskiedenis is vol voorbeelde van individue wat te groot geword het vir die ANC. Die mense kon hulle self nie meer onderwerp aan die dissipline van die organisasie nie. Hulle was dan voor die keuse om vrywillig te bedank of hulle was geskors. Radebe het aan Lekota geskryf dat hy hoop dat hulle hom nie hoef te skors nie.    

бурениеФильчаков Александр Васильевич

Neem deel aan die gesprek en lewer gerus hier onder kommentaar!

L.W. U gebruik die Disqus-kommentaarafdeling op eie risiko en PRAAG, die redaksie of enige verwante persone of entiteite aanvaar geen verantwoordelikheid vir u kommentaar en watter gevolge ook al daaruit mag voortspruit nie. Terselfdertyd vereis ons dat u ter wille van beskaafdheid, redelikheid en die gerief van ander gebruikers, u sal weerhou van kwetsende taalgebruik, vloekwoorde, persoonlike aanvalle op medegebruikers, twissoekery en algemene "trol"-gedrag. Enigeen wat só 'n laspos word, sal summier verbied word en sy IP-adres sal insgelyks versper word. Ons sal ook nie huiwer om, waar nodig, kriminele klagte aanhangig te maak teen individue wat hulle aan dreigemente, teistering of intimidasie skuldig maak nie.