André P. Brink sterf op 79

Deel op

Die skrywer André P. Brink het gisteraand op ‘n KLM-vlug vanaf Europa na Kaapstad gesterf. Behalwe sy kinders uit vorige huwelike, laat hy sy Pools-gebore vrou Katrina Szczurek agter.

Hoewel Brink aanvanklik in Afrikaans begin skryf het, het hy ná die verbod op Kennis van die aand (1973) tweetalig begin skryf en in later jare eers sy boeke in Engels geskryf en agterna in Afrikaans vertaal.

Hy het meesal by Engelstalige universiteite in Afrikaans en in moderne letterkunde klas gegee en sodoende die meer radikale linkse sienings van sy eie mense, die Afrikaners, verinnerlik.

Kritici is verdeeld oor sy werke. Terwyl sommige hulle hoog aanskryf, kla ander oor die clichés en stereotipes daarin. In latere jare het hy hom merendeels toegespits op historiese romans waarin Afrikaners as wreedaardige boosaards uitgebeeld word, soos die roman Philida (2012) waarin ‘n Kaapse slavin as hoofkarakter aangebied word.

Lys van publikasies (soos op sy uitgewer se webblad aangetoon word)

Romans
1958 Meul teen die hang
1959 Die gebondenes
1960 Eindelose weë
1962 Lobola vir die lewe
1963 Die ambassadeur
1965 Orgie
1969 Miskien nooit
1973 Kennis van die aand
1975 ‘n Oomblik in die wind
1978 Gerugte van reën
1979 ‘n Droë wit seisoen
1982 Houd-den-bek
1984 Die muur van pes
1988 Die eerste lewe van Adamastor
1988 States of Emergency
1991 Die kreef raak gewoond daaraan
1993 Inteendeel
1995 Sandkastele
1998 Duiwelskloof
2000 Donkermaan
2002 Anderkant die stilte
2004 Voor ek vergeet
2005 Bidsprinkaan
2006 Die Blou Deur/The Blue Door
2008 Ander lewens
2012 Philida

Dramas
1959 Die band om ons harte
1961 Caesar
1962 Die koffer
1965 Bagasie (Koffer, Tas, Trommel)
1965 Elders mooiweer en warm
1970 Die verhoor
1970 Die rebelle
1971 Kinkels innie kabel
1973 Die bobaas van die boendoe
1973 Afrikaners is plesierig
1974 Pavane
1976 Die hamer van die hekse
1979 Toiings op die langpad
1997 Die jogger

Reisverhale
1962 Pot-pourri: sketse uit Parys
1963 Sempre diritto
1965 Olé
1969 Midi
1969 Parys-Parys Retoer
1970 Fado
2012 Herinneringe aan Parys (Heruitgawe)

Ander Werke
1961 Bakkies en sy maats – 1 Die Bende (jeugverhaal)
1963 Die Verhaal van Julius Caesar
1965 Bakkies en sy maats – 2 Platsak
1965 Rooi (5 kortverhale in bundel; met ander) Hennie Aucamp, Jan Rabie, Freda Linde en Uys Krige
1973 Portret van die Vrou as ‘n Meisie
1973 Die geskiedenis van oom Kootjie Emmer van Witgatworteldraai
1973 Brandewyn in Suid-Afrika
1974 Dessertwyn in Suid-Afrika
1974 Die klap van die meul
1974 Die wyn van bowe
1981 ‘n Emmertjie wyn (kortverhale)
1983 Oom Kootjie Emmer en die nuwe bedeling
1984 Loopdoppies (kortverhale)
2010 Oom Kootjie Emmer

Omnibusse
1982 Die fees van die malles (humor)
1986 Mal en ander stories
1990 Latynse reise (reissketse)
2006 Met ‘n glimlag

Samestellings
1977 Oggendlied: ‘n Bundel vir Uys Krige op sy Verjaardag
1979 Klein Avontuur (Top Naeff)
1986 A Land Apart: A South African Reader (saam met J.M. Coetzee)
1994 SA 27 April 1994
1995 27 April – One Year Later/Een Jaar Later
2000 Groot Verseboek
2008 Groot Verseboek

Outobiografie
2009 ‘n Vurk in die pad (Human & Rousseau)

Neem deel aan die gesprek en lewer gerus hier onder kommentaar!

L.W. U gebruik die Disqus-kommentaarafdeling op eie risiko en PRAAG, die redaksie of enige verwante persone of entiteite aanvaar geen verantwoordelikheid vir u kommentaar en watter gevolge ook al daaruit mag voortspruit nie. Terselfdertyd vereis ons dat u ter wille van beskaafdheid, redelikheid en die gerief van ander gebruikers, u sal weerhou van kwetsende taalgebruik, vloekwoorde, persoonlike aanvalle op medegebruikers, twissoekery en algemene "trol"-gedrag. Enigeen wat só 'n laspos word, sal summier verbied word en sy IP-adres sal insgelyks versper word. Ons sal ook nie huiwer om, waar nodig, kriminele klagte aanhangig te maak teen individue wat hulle aan dreigemente, teistering of intimidasie skuldig maak nie.