Henry Jeffreys en Nico Koopman: twee van Die Burger se rubriekskrywers

Deel op

Die Burger (6 deser, p 11) het pas aangekondig dat “vyf ervare rubriekskrywers” hulle buiging in dié koerant gaan maak, naamlik:

  • Max du Preez, van Vrye Weekblad-faam, wat glo geen bekendstelling nodig het nie;
  • Allister Sparks, oud-redakteur van die Rand Daily Mail;
  • Judith February, voorheen van Idasa;
  • Tony Weaver, voorheen van die Rand Daily Mail: “Die media noem my gewoonlik ‘n ‘struggle-joernalis'” omdat hy sy joernalistiek “in die stryd teen apartheid gebruik het” (p 10);
  • John Scott, oud-redakteur van die Cape Times, wie se rubrieke, anders as in die ander vier gevalle, in Engels gepubliseer gaan word.

Wat ons hier mee te make het, is ‘n doelbewuste inspuiting van politieke linksheid, asof Die Burger nie reeds genoeg blyke hiervan gee nie. Nie een van hierdie skrywers sal die belange van die Afrikaner en Afrikaans bevorder nie.

Ek het voorheen op Praag besware geopper teen twee van Die Burger se rubriekskrywers, by name Henry Jeffreys, ‘n joernalis, en Nico Koopman, die dekaan van die fakulteit teologie aan die Universiteit Stellenbosch. Hierdie rondte wil ek die aandag vestig op wat hierdie twee ANC-aktiviste in dieselfde uitgawe van die koerant (28 Januarie) kwytgeraak het.

Jeffreys skryf oor xenofobie, oftewel vreemdelingehaat (Die Burger, 28 Januarie, p 10). Hy verwys na die voorvalle in 2008 en betreur dat niks (of te min) intussen gedoen is om die periodieke herhaling van die gebeure te voorkom. Hy wil hê dat daar amptelik en openlik erken word dat die aanvalle op inkommers (bv Somaliërs) en hulle besittings (bv winkels) nie die uitdrukking van blote “misdadigheid” is nie, maar wel van haat vir vreemdelinge.

Die punt is myns insiens dat ook plaasaanvalle, insluitende plaasmoorde, deur die ANC oor dieselfde kam as ander misdade, insluitende moorde, geskeer word. Maar ek wag steeds daarop dat Jeffreys een van sy rubrieke aan plaasmoorde wy en dit summier veroordeel. Hy kan gerus uitwys dat plaasmoorde dikwels in ‘n ander liga as bv plakkerskampmoorde is. As ‘n plaaseienaar/boer vermoor word, het dit ‘n nadelige invloed op baie meer mense as bloot sy gesin. Talle werkers kan dan werk- en huisvestingloos word. Die ekonomiese impak van ‘n plaasmoord kan groot wees. As ‘n armlastige plakker vermoor word, is dit sekerlik ‘n verlies vir sy gesin, maar ekonomies kan dit ‘n besparing van toelaes, dienste en aalmoese meebring.

Xenofobie moet nie as blote misdadigheid geëtiketteer word nie omdat dit op ‘n groter probleem dui. Insgelyks moet plaasmoorde nie sonder meer as bloot ‘n reeks geïsoleerde voorvalle beskou word nie. Hoe langer en hoe meer plaasmoorde voorkom, des te meer kan dit op ‘n groter euwel, naamlik volksmoord/genoside, dus die sistematiese uitroeiing van ‘n volksgroep (blankes/Afrikaners), dui.

Die werklikheid wat in die nuwe Suid-Afrika onder oë gesien moet word, is dat die “bevrydingsbewegings”, waarvoor Jeffreys groot waardering het, deurtrek was met misdadigers wat hulle in die naam van die “bevrydingstryd” aan ernstige misdade skuldig gemaak het. Van hierdie mense beklee deesdae van die hoogste poste in die land. Die boodskap wat hiermee uitgestuur word, is dat misdaad lonend is. Ons hoor daagliks van die nalatenskap van apartheid. Dit is hoog tyd dat Jeffreys oor die nalatenskap van die “bevrydingstryd” skryf, want die misdaadgolf wat die land teister, is in groot mate die gevolg van die voorbeeld wat deur die “bevryders” aan die gepeupel gestel is. Die massa is deur veral die ANC bewus van allerhande regte gemaak sonder dat daardie regte met verantwoordelikhede gebalanseer is. Daarom maak hierdie mense deesdae aanspraak op allerhande dinge wat hulle glad nie toekom nie, hetsy bv artikels in die winkels van Somaliërs of die plase van blankes.

Misdaad is heel moontlik die grootste en florerendste bedryf in die nuwe Suid-Afrika. Dit beteken dat baie mense parasities lewe, dus in groter mate ontvang as gee. Hoewel daar van ons verwag word om trots op ons mede-Suid-Afrikaners te wees, is daar by baie van hulle geen (of min) begeerte om te werk. Omdat die Khoi-San in groot mate ongeskik vir werk was, is daar reeds in Jan van Riebeeck se tyd begin met die invoer van slawe. Hierdie onvermoë van inheemses word egter in ‘n verwyt teen blankes omskep omdat die gevolg slawerny was. Hoewel daar baie werklose swartes is die binneland was, is Indiërs in die 19de eeu ingevoer om op die suikerplantasies te werk. Na die ontdekking van diamante en goud teen ongeveer dieselfde tyd, is trekarbeiders as mynwerkers op groot skaal uit die buurlande ingevoer. Louis Changuion skryf: “Na die [Anglo-Boere-] oorlog was daar ‘n opeenhoping van hawelose swartes op die boereplase en in die groot nywerheidstede en tog was daar ‘n gebrek aan arbeiders op sowel die plase as in die nywerhede, en die reservate was reeds oorbevolk” (Omstrede land, Pretoria: Protea Boekhuis, 2011, p 120). Daar was baie swartes in Suid-Afrika maar baie was ongeskik of ongeneë om bevredigend as arbeiders te funksioneer. Daar is deesdae ‘n groot mate van eenstemmigheid dat bv Zimbabwiërs en Mosambiekers beter werkers as inheemse swartes is. ‘n Populêre standpunt wat verkondig word, is dat swartes tydens die blanke bewind en veral tydens apartheid vreeslik gely het. Dalk is daar heelwat waarheid in die teenoorgestelde standpunt: dat swartes dit toe so lekker gehad het dat, anders as in die buurlande, baie swartes dit onnodig gevind het om vir hulle bestaan te werk; dus ‘n eie werkkultuur te vestig. Daar was ook die tradisie dat werk eerder deur vroue as mans gedoen moet word.

Die oorsprong van baie van wat deesdae plaaslik verkondig word, moet in Amerika gesoek word. Daar word graag verkondig dat net wittes rassisties is; dat swartes dit glo nie kan wees nie. Insgelyks is ander negatiewe kenmerke, soos haat, glo ook endemies aan (net) wittes. Dit is deel van ‘n “groter prentjie”, naamlik politieke korrektheid, waarvolgens aan swartes net goeie dinge toegeskryf word, terwyl wittes maar met alles wat sleg is, verguis kan word. Die rede waarom die ANC-regering nie wil erken dat ons plaaslik met xenofobie (en nie met blote misdadigheid nie) te make het, is dat daar dan erken sou word dat swartes bv Somaliërs haat en seker ook dat swartes hulle rassisties teenoor Somaliërs gedra. Dit sou ook ‘n erkenning wees dat swartes jaloers op meer kundige etniese groepe is, bv Somaliërs wat meer suksesvol as swartes handel dryf en blankes wat meer suksesvol as swartes boer, ens. Ingevolge politieke korrektheid sal die ANC nie met sulke erkennings vorendag kom nie. Daar word deesdae verkondig dat ons per definisie almal wesenlik eenders is, al word dit in die daaglikse praktyk dwarsoor die wêreld weerspreek. In werklikheid is die evangeliese waarheid dat mense verskil, sowel indiwidueel as groepsgewys.

Jeffreys sluit sy rubriek soos volg af. “Die groot ironie in ons tyd is dat Suid-Afrika, die sogenaamde reënboognasie – wie se vryheidsvegters in ons stryd teen apartheid skuiling en ondersteuning elders gekry het – nou ontaard in ‘n vesting vir xenobofie teenoor die burgers van die einste lande wat ons in ons tyd van nood onderskraag het. Dit is ‘n skande.”

Dit is stellings wat kenmerkend van Jeffreys is. In rubriek na rubriek verwys hy na “ons stryd” en “ons nood”, ens, asof hy en sy ANC-kamerade moreel aanbevelingswaardig is. Die argument wat hy hier gebruik is nie eens oorspronklik nie. Dit is sonder erkenning oorgeneem van daardie aatspropagandis Desmond Tutu wat dit in 2008 tydens die vorige xenofobiese vlaag verkondig het. Die punt is dat hierdie inkommers ook uit lande kom wat destyds geen Suid-Afrikaanse terreurbendes gehuisves het nie. In soverre die inkommers afkomstig is uit lande wat terrorisme gesteun het, is dit hoogs onwaarskynlik dat hulle ooit eerstehands met die terreurbendes te make gehad het of selfs van hulle aanwesigheid in die betrokke land bewus was.

Daar is twee dinge wat mense soos Jeffreys en Tutu nie in hierdie konteks sal noem nie. Die een is die dwaasheid wat daar in die ANC se vryheidsmanifes (1955) staan, naamlik dat Suid-Afrika behoort aan almal wat hier woon. Let wel, nie aan almal wat wettig hier woon nie. Die land, wat ons land was, behoort dus deesdae in dieselfde mate ook aan die inkommers. Die ander is waarom dit toegelaat word dat die land verder benadeel word deur die ongebreidelde instroming van armlastiges. Alle verantwoordelike regerings vereis dat immigrante aan streng vereistes voldoen sodat hulle ‘n bate pleks van ‘n las vir die land is. Die Somaliërs kom nie van die buurlande nie. Hulle kom van die verre noorde van Afrika en hulle kom hierheen omdat ander ontwikkelde lande nie so maklik toeganklik is nie. Die waarheid is dat Suid-Afrika geen behoefte het aan inkommers wat hier ‘n bestaan as bv motorwagte en straatsmouse en selfs as misdadigers wil maak nie.

Hierbo is verwys na verskille in kundigheid. Dit is die onderwerp van Nico Koopman se rubriek: “Ongevoelige kundigheid help ons nie” (Die Burger, 28 Januarie, p 11). Koopman begin soos volg: “Suid-Afrika het ál die kundigheid nodig wat ons kan monster, maar ons het minstens twee probleme met kundigheid in ons land. Daar is enersyds ‘n tekort aan kundiges, en andersyds ‘n onderbenutting van kundigheid.” ‘n Mens sou verwag dat hy ‘n pleidooi gaan lewer vir die optimale benutting van blankes se kundigheid. Hy besef waarskynlik dat blankes binne ‘n japtrap bv Eskom se probleme kan oplos en dit weer betroubaar en ekonomies kan laat funksioneer, soos in die ou Suid-Afrika die geval was. As ANC-kornuit doen Koopman dit nie. Hy wil juis, soos telkens in sy rubrieke, die blankes diskrediteer.

“Die kosbare kundigheid in ons land kan beter aangewend word indien kundiges met die regte sensitiwiteit leef. Kundiges moet eerstens sensitief daarvoor wees dat sommige mense vandag minder formele kundigheid het – nie omdat hulle intellektueel minderwaardig is of omdat hulle ‘n swak werksetiek het nie, maar omdat hulle uitgesluit was van goeie opleidingsgeleenthede.” Moontlike verskille in intellektuele vermoëns en graad van toewyding word sonder meer deur Koopman ontken, want hy is ‘n aanhanger van die euwel van politieke korrektheid. Was die nie-wittes werklik uitgesluit van goeie opleidingsgeleenthede? Al hoe meer deskundiges beweer dat Bantoe-skoolonderwys beter was as wat ANC-skoolonderwys is.

Hendrik Verwoerd het gesorg dat daar in 1960 drie universiteite spesifiek vir swartes geopen word, gevolg deur nog talle nuwe universiteite vir swartes. In 1960 is daar ook ‘n universiteit vir bruines en een van Asiate geopen. Die onderrig van die Universiteit van Suid-Afrika (Unisa) was en is aan alle etniese groepe beskikbaar. Anders as Koopman, wat voltyds aan die Universiteit van Wes-Kaapland kon studeer, was ek verplig om deeltyds aan Unisa te studeer. Anders as talle nie-wittes wat kon kus en keur watter buitelandse studiebeurse hulle wou aanvaar, moes ek as blanke weens rassediskriminasie daarna noodgedwonge op eie koste en met ‘n lening in die buiteland studeer.

“Kolonialisme en apartheid het meegebring dat daar in sekere groepe meer kundigheid en ‘n sterker kenniskultuur is as elders. Baie mense het nie formele kundigheid nie, gewoon omdat hulle op sistematiese wyse deur politieke maghebbers uitgesluit was van formele opvoeding.” Op hierdie gemene manier pak Koopman die skuld op wittes as daar by nie-wittes bv die onvermoë of gebrek aan toewyding is om te presteer. Talle kere moes ek aanhoor dat hierdie of daardie mens nie die voorreg gehad het om universiteit toe te gaan nie. Ek het daardie voorreg ook nie gehad nie, maar die Unisa-opsie was aan almal beskikbaar en dit was destyds ‘n goeie universiteit.

“Ek kyk nóú nog met hartseer na voormalige wit hoërskole op plattelandse dorpe wat ontoeganklik was vir bruin, swart en Indiër-leerders. Húlle moes na stede en groter dorpe gaan vir onderrig terwyl daar goeie skole in hul tuisdorpe was. Baie kon dit egter nie bekostig om elders te gaan nie.” Wat aantreklik aan daardie skole was, was dat hulle wit was. Namate ‘n onderriginstansie (bv skool of universiteit) ontwit word, is dit geneig om akademies minder begeerlik te word. Dit is bv die geval met Koopman se werkplek, die Universiteit Stellenbosch. Sodra as beleid aanvaar word dat akademiese verdienste nie van deurslaggewende belang by studente-toelating en die aanstelling en bevordering van dosente is nie, is daardie universiteit akademies noodwendig op die afdraand.

Wat tuisdorpskole betref, is die omgekeerde van die vorige situasie nou die geval. Baie tradisioneel blanke skole, in die stede en op die platteland, is sedert 1994 kultureel dermate getransformeer dat die ouers van blanke skoliere hulle kinders nie plaaslik kan/wil laat skoolgaan nie. Klein wit kindertjies moet noodgedwonge op ‘n vroeë ouderdom vir skoolbywoning hulle ouerhuise verlaat en in vreemde omstandighede gaan loseer. Bywoning deur hulle kinders van daardie private of openbare skole verg deesdae groot finansiële en ander opofferings van blanke ouers. Dít terwyl die blankes plaaslik eie skole gehad het wat hulle met groot finansiële en ander opofferings uitgebou het. Deesdae word daardie skole verswelg deur elemente wat in werklikheid geen regmatige aanspraak daarop het nie; elemente wat hulle die reg toe-eien om bv af te breek wat met groot moeite en sorg oor dekades deur blankes opgebou is.

As jy nie-wit is, mag jy maar maai waar jy nie gesaai het nie. Enersyds is hierdie situasie die gevolg van die onnodige, onetiese, mandaatlose, algehele politieke magsoorgawe. Andersyds is dit omdat die ANC-regering geen erkenning gee aan die eie, gesonde, ryke en maklik onderskeibare kultuur van blankes en in die besonder van Afrikaners nie. In hierdie verband kan Koopman gerus vir die ANC oor sensitiwiteit preek. Pleks daarvan soek hy eerder skoor met die blankes.

Trompsburg se hoërskool is ‘n tipiese voorbeeld van ‘n skool wat verswart het. Dit het “Trompsburg High” geword. Daar is ruite wat stukkend gegooi en nie vervang is nie en eerder met karton gelap is. Die swembad is leeg. Hierdie waarnemings kom van Karel Schoeman (Die laaste Afrikaanse boek, Kaapstad: Human & Rousseau, 2002, p 651), ‘n Katoliek wat eerder Nederlander as Afrikaner is. Die werklikheid van die nuwe Suid-Afrika het hom tot herbesinning gedwing. Schoeman skryf dat “die land waarvan ek onnadenkend en as vanselfsprekend geglo het dat dit myne is, nie meer myne is soos ek gemeen het nie, dat die blankes hier oornag irrelevant geword het, die Afrikaners uitgeskuiwe” (p 620). Daar is “weemoed by die besef van wat daardeur onvermydelik verlore gegaan het” (p 621). “Ek sou vandag nêrens anders wil wees as waar ek my bevind nie, in die land wat vir my nog altyd die vertroudste is, ook al sien ek hoe dit daagliks minder herkenbaar word rondom my” (p 622). “Soos ‘n argeoloog soek ek die restante aan die hand waarvan my verbeelding die vervloë ou boerewêreld kan laat herleef wat in my eie tyd reddeloos tot niet gegaan het” (p 674).

Onlangs was daar ‘n bohaai oor ‘n private skool wat aparte klasse vir wittes en swartes gehad het. Swart ouers het daarop aangedring dat al die klasse etnies gemeng moet wees. Waarom sou swartes rasse-integrasie vereis as daar voortdurend beweer word dat blankes slegte mense is? Het ons hier uiteindelik ‘n erkenning dat blankes voortreflik is en as rolmodelle vir nie-wittes dien? Daarom was daar van die ouers se kant nie beswaar teen die feit dat al die onderwysers blank is nie. Van owerheidsweë is daar egter gepoog om swartes te bemagtig deur daarop aan te dring dat swartes as onderwysers aangestel moet word. Maar op grond waarvan moet daar aan swartes se wense gehoor gegee word, terwyl die blanke ouers se voorkeur vir aparte klasse geïgnoreer en as “rassisties” geëtiketteer word? Die swartes se eis kom neer op die ontkenning van vryheid, wat veronderstel is om ‘n kenmerk van die nuwe Suid-Afrika te wees. Die meerderheid kinders in dié skool is glo swart, wat dui op die mate waarin swart ouers deur die ANC-regering se rassistiese beleid van regstellende aksie finansieel bevoordeel word; dermate dat hulle in groter mate as wit ouers die tariewe van ‘n private skool kan bekostig. Ek het groot begrip vir die standpunt van die wit ouers en onderwysers wat meen dat kulturele soort met kulturele soort behoort te assosieer. Wat het van die vryheid van assosiasie in die veel geprese grondwet geword? Gedwonge rasse-integrasie bring mee dat daar in elke klas enkele wit kinders in ‘n see van swartes sal wees. In Amerika word swartes as ‘n minderheidsgroep die reg gegun om hulle apart uit te leef (bv in eie woongebiede, skole en universiteite) as hulle dit so verkies. Waarom is dieselfde vergunning in die nuwe Suid-Afrika vir blankes as ‘n minderheidsgroep ontoelaatbaar? Dit is opvoedkundig sekerlik ongewens as jong wit kinders sielkundig soos Piet Retief en sy manskappe voel toe hulle hulle in Dingaan se kraal bevind het.

Koopman borduur polities korrek voort: “Uiteraard was daar ook wit mense wat nie geleenthede tot studie gehad het nie, maar die sistematiese uitsluiting het veral ten opsigte van ander groepe gegeld. Dit het ook meegebring dat vroue van alle rasse, maar veral swart, bruin en Indiër-vroue, nie dieselfde geleenthede as veral wit mans gekry het nie.” Hier is al die gewone gemeenheid in ‘n neutedop saamgevat. ‘n Mens hoef egter nie te wag op iemand anders om aan jou ‘n geleentheid te bied nie. ‘n Mens moet liefs nie van die standpunt uitgaan dat ander mense jou iets skuld nie. Deur vindingrykheid, ywer, toewyding, ens, kan jy self geleenthede skep.

“Kundigheid wat oor kleur- en gendergrense gedeel moet word, moet sensitief wees vir dié pynlike geskiedenis. Daardie kundigheid moet gedeel word met nederigheid en in erkenning van die onontwikkelde potensiaal van andere. Die informele en selfs sogenaamde inheemse kennis, sowel as die lewenservaring en wysheid van die ander, moet ook waardeer word.” Dit is baie duidelik dat ‘n bevrydingsteoloog sonder heiligheid hier aan die woord is. Eintlik val hy heeltemal uit die minibus. Hoe sou sensitiwiteit vir ons “pynlike geskiedenis” ons help om bv Eskom reg te ruk? Hoe sou potensiaal eerder as werklike prestasie ons hiermee help? Ons kan inheemse kennis, lewenservaring en wysheid maksimaal waardeer sonder dat dit ons sal help om van bv Eskom weer ‘n betroubare leweransier van elektrisiteit te maak.

In Amerika ontvang (swart) studente op skool en universiteit ekstra krediete/punte vir “lewenservaring”, wat dikwels op niks anders neerkom nie as dat hulle al geboorte geskenk het. Klaarblyklik het Koopman geen beginselbesware hierteen nie. Daardie kundigheid wat volgens hom in nederigheid gedeel moet word, verwys na die vermetele aanspraak dat wittes swartes welwillend moet oplei sodat die wittes uit hulle poste gestel kan word; poste wat dan deur daardie einste swartes ingeneem word. Dit is iets wat dikwels in die nuwe Suid-Afrika gebeur en waarteen polities korrek nie beswaar gemaak mag word nie. Vir my lyk dit na ‘n onetiese wanpraktyk.

“Selfs al sou daar geen sistematiese uitsluiting wees nie, moet kennis steeds met sensitiwiteit en nederigheid gedeel word. Ons weet, saam met die apostel Paulus, ons ken net ten dele. Hoe meer ons in kennis groei, hoe meer ontdek ons hoe groot die lewenswerklikheid is, en hoe min ons eintlik weet.” Dít behoef geen betoog nie. Koopman het geïllustreer hoe min hy weet en hoe moedswillig en eensydig hy is.

“Diegene wat agterstande ten opsigte van formele kundigheid het, moet ook gesonde sensitiwiteit aan die dag lê. Hulle moet naamlik besef dat toegang tot opleidingsgeleenthede nie genoeg is om kundigheid te verwerf nie. Geleenthede sonder toewyding en harde werk bring nie kundigheid nie.” Koopman kon bygevoeg het: Deel van die gesonde sensitiwiteit oor agterstande in formele kundigheid vereis dat daar nie oor formele kwalifikasies gelieg word nie.

“En veral bekleërs van sleutelposte kan met groter doelgerigtheid en vrymoedigheid gebruik maak van tersaaklike kundigheid wat met sensitiwiteit en nederigheid aangebied word. Ons land het dit broodnodig.” In sy rubriek word sensitiwiteit en nederigheid sekerlik oorbeklemtoon. Wat doelbewus verswyg word, is hoe broodnodig die bewese (nie potensiële nie) kundigheid en toewyding van blankes vir hierdie land is. As onsalige bevrydingsteoloog kies Koopman liewer sy gebruiklike opsie, naamlik om wittes te kritiseer en verwyt.

Die twee rubrieke wat hier bespreek is, gee aan Praag-lesers ‘n aanduiding van waarmee die lesers van Die Burger week na week gekonfronteer word. Dié rubrieke is simptomaties van ‘n groter euwel, naamlik linkse propaganda, wat eintlik ‘n vorm van lugbesoedeling is. Afrikaners word doelbewus kultureel verarm. In hierdie verband het die gedagte onlangs by my opgekom dat die dramas van William Shakespeare (1564-1616) dikwels onder ons aandag gebring word, maar nooit dié van Joost van den Vondel (1587-1679) nie. Toe ek destyds sulke literêre produkte bestudeer het, het Vondel se werk my diep beïndruk. Waarmee word ons deesdae eerder in die massamedia gekonfronteer? Met kultuurvreemde uitbeeldings van lokasiana op bv die televisie en die verhoog.

Neem deel aan die gesprek en lewer gerus hier onder kommentaar!

L.W. U gebruik die Disqus-kommentaarafdeling op eie risiko en PRAAG, die redaksie of enige verwante persone of entiteite aanvaar geen verantwoordelikheid vir u kommentaar en watter gevolge ook al daaruit mag voortspruit nie. Terselfdertyd vereis ons dat u ter wille van beskaafdheid, redelikheid en die gerief van ander gebruikers, u sal weerhou van kwetsende taalgebruik, vloekwoorde, persoonlike aanvalle op medegebruikers, twissoekery en algemene "trol"-gedrag. Enigeen wat só 'n laspos word, sal summier verbied word en sy IP-adres sal insgelyks versper word. Ons sal ook nie huiwer om, waar nodig, kriminele klagte aanhangig te maak teen individue wat hulle aan dreigemente, teistering of intimidasie skuldig maak nie.