Sapa-werknemers boos oor onreëlmatige ontslag

Deel op

Personeellede van die South African Press Association (Sapa) weier om hul afdankings te aanvaar.

Hulle beplan om hul onreëlmatige ontslag na die Kommissie vir Versoening, Bemiddeling en Arbitrasie (KVBA) te neem.

‘n Woordvoerder van die vakbond, Gerhard Ueckermann, het Vrydag gesê dat hulle nie in die onderhandelingsproses geken is nie, ten spyte van ‘n erkenningsooreenkoms met die nuusdiens. “Ons het gister gehoor die direksie het ‘n persverklaring uitgereik,” het hy gesê.

Dit is ten spyte daarvan dat die unie ‘n brief aan Sapa se bestuur gestuur het aan die begin van die week om hulle in te lig dat die vakbond Uasa deel van die bespreking van die proses in terme van arbeidswetgewing moet wees. “Ons regsafdeling is in die proses van die opstel van stukke,” sê Ueckermann.

Dit is Donderdag aangekondig dat Sapa sy deure op 31 Maart sal sluit, ná 76 jaar van nuus aan uitsaaiers en die gedrukte media.

Minette Ferreira, Sapa-voorsitter, en ‘n direkteur van Media24, het in ‘n verklaring gesê: “Na die verkoop van die bates sal die maatskappy gelikwideer word en sy bedrywighede sal ophou op 31 Maart 2015.” As ‘n spesiale kategorie nie-winsgewende organisasie is, kan Sapa nie verkoop word nie, het sy gesê.

Sy het gesê personeellede, wat almal afgedank sal word, is ‘n bron van kommer vir die raad wat verbind is tot “maksimalisering van geleenthede vir hierdie personeellede”, selfs “elders in die media”.

Dit blyk nou dat die personeel, alhoewel hulle bewus daarvan was dat die raad die oprigting van ‘n wins-gebaseerde nuusdiens oorweeg, heeltemal onbewus daarvan was dat hulle afgedank gaan word en heraansoek sal moet doen vir hul werk.

Hulle vakbond is nooit geraadpleeg deur die bestuur nie.

Drie maatskappye stel glo belang in ‘n wins-gebaseerde nuusdiens, naamlik Gallo Images, KKM Review Publishers en Sekunjalo Investment Holdings, wat besit word deur Independent Media se Iqbal Survé.

Sapa se toekoms is reeds lank onseker, aangesien Times Media Group in 2013 onttrek het, gevolg deur Caxton en Independent Newspapers. Caxton het egter aangehou om Sapa te befonds om die diens van ondergang te red.

Neem deel aan die gesprek en lewer gerus hier onder kommentaar!

L.W. U gebruik die Disqus-kommentaarafdeling op eie risiko en PRAAG, die redaksie of enige verwante persone of entiteite aanvaar geen verantwoordelikheid vir u kommentaar en watter gevolge ook al daaruit mag voortspruit nie. Terselfdertyd vereis ons dat u ter wille van beskaafdheid, redelikheid en die gerief van ander gebruikers, u sal weerhou van kwetsende taalgebruik, vloekwoorde, persoonlike aanvalle op medegebruikers, twissoekery en algemene "trol"-gedrag. Enigeen wat só 'n laspos word, sal summier verbied word en sy IP-adres sal insgelyks versper word. Ons sal ook nie huiwer om, waar nodig, kriminele klagte aanhangig te maak teen individue wat hulle aan dreigemente, teistering of intimidasie skuldig maak nie.