Eskom waarsku dat herstel tyd neem

Deel op

Eskom het laat Donderdagaand sy fase drie beurtkrag beëindig, maar het gewaarsku dat dit kan tyd neem om die kragtoevoer na alle gebiede te herstel, het RSG berig.

Die kragverskaffer gaan gebuk onder geweldige druk om die ligte aan te hou, met 27 van sy 87 kragopwekkers wat Donderdag nie behoorlik gefunksioneer het nie.

Dit sluit in een van die twee opwekkers by die Koeberg kernkragsentrale in die Kaapse Skiereiland, wat vroeër vandeesweek onklaar geraak het.

Eskom het gister fase-twee beurtkrag toegepas en moes dit teen laatmiddag na fase-drie oorskakel.

Dit het chaos in die spitsverkeer veroorsaak. Die sakesektor het gewaarsku dat kragprobleme kan lei tot werksverliese.

Eskom het egter die moontlikheid van ‘n landswye ineenstorting van die kragnetwerk uitgesluit.

Eskom het intussen aangekondig dat beurtkrag ook Vrydag ingestel sal word.

“Fase 2-beurtkrag sal vandag van 08:00 tot 22:00 toegepas word,” het die kragvoorsiener gesê.

Landbou- en energie-belanghebbendes Vrydag wat ‘n werkswinkel oor energiebesparing, volhoubaarheid en klimaatsverandering by Glen Landboukollege buite Bloemfontein bywoon, het gehoor dat SA ten minste R7,5 miljard per jaar aan elektrisiteitdiefstal verloor.

Eskom se Eugene Myburgh het die volhoubaarheidswerkswinkel aangebied vir Eskom.
 
By dieselfde geleentheid, is verklaar dat 2014 die warmste jaar op rekord was. Die landbousektor is gewaarsku oor die werklikheid van klimaatsverandering, veral in Afrika, waar ‘n temperatuurverhoging van 1,5-3 grade Celsius groot persentasies waardevolle landbougrond kan vernietig.

Neem deel aan die gesprek en lewer gerus hier onder kommentaar!

L.W. U gebruik die Disqus-kommentaarafdeling op eie risiko en PRAAG, die redaksie of enige verwante persone of entiteite aanvaar geen verantwoordelikheid vir u kommentaar en watter gevolge ook al daaruit mag voortspruit nie. Terselfdertyd vereis ons dat u ter wille van beskaafdheid, redelikheid en die gerief van ander gebruikers, u sal weerhou van kwetsende taalgebruik, vloekwoorde, persoonlike aanvalle op medegebruikers, twissoekery en algemene "trol"-gedrag. Enigeen wat só 'n laspos word, sal summier verbied word en sy IP-adres sal insgelyks versper word. Ons sal ook nie huiwer om, waar nodig, kriminele klagte aanhangig te maak teen individue wat hulle aan dreigemente, teistering of intimidasie skuldig maak nie.