Klagtes van mishandeling by Infanterieskool ondersoek

Deel op

Die departement van verdediging gaan glo bewerings van fisieke asook verbale mishandeling by die weermag se infanterieskool op Oudtshoorn ondersoek, het Sapa berig.

“Minister Nosiviwe Mapisa-Nqakula wil dit graag duidelik stel dat geen vorm van mishandeling op militêre basisse geduld sal word nie,” het Joy Nonzukiso Peter, woordvoerder van die departement, in ‘n verklaring gesê.

Volgens Peter is daar bewerings dat rekrute by die infanterieskool aan mishandeling blootgestel word. “Minister Mapisa-Nqakula veroordeel die fisieke en sielkundige mishandeling van rekrute ten sterkste.”

Die minister het voorts gesê daar sal streng opgetree word teen oortreders in die jongste voorval.

Die militêre ombudsman, Temba Matazima, het verlede jaar ‘n ondersoek geloods ná klagtes van soldate ontvang is. Matanzima het verskeie voorstelle ingedien rakende sulke voorvalle wat sedertdien geïmplementeer is deur die SANW.

Neem deel aan die gesprek en lewer gerus hier onder kommentaar!

L.W. U gebruik die Disqus-kommentaarafdeling op eie risiko en PRAAG, die redaksie of enige verwante persone of entiteite aanvaar geen verantwoordelikheid vir u kommentaar en watter gevolge ook al daaruit mag voortspruit nie. Terselfdertyd vereis ons dat u ter wille van beskaafdheid, redelikheid en die gerief van ander gebruikers, u sal weerhou van kwetsende taalgebruik, vloekwoorde, persoonlike aanvalle op medegebruikers, twissoekery en algemene "trol"-gedrag. Enigeen wat só 'n laspos word, sal summier verbied word en sy IP-adres sal insgelyks versper word. Ons sal ook nie huiwer om, waar nodig, kriminele klagte aanhangig te maak teen individue wat hulle aan dreigemente, teistering of intimidasie skuldig maak nie.