Persklub betreur die sluiting van Sapa

Deel op

Die Nasionale Persklub sê die sluiting van die nuusagentskap Sapa is ‘n hartseer dag vir die mediabedryf.

Jos Charle sê Sapa was vir baie dekades ‘n betroubare vennoot in die mediabedryf wat nuusinhoud gegenereer en verskaf het wat deur die meeste mediahuise gebruik is.

Sapa se raad het Donderdag aangekondig dat die nuusagentskap se laaste storie op 31 Maart om middernag gepubliseer sal word.

Die maatskappy sal gelikwideer word sodra die bates verkoop is, het OFM berig.

Sapa, wat sedert 1938 bestaan, is ‘n spesiale kategorie nie-winsgewende maatskappy en kan nie verkoop word nie.

Neem deel aan die gesprek en lewer gerus hier onder kommentaar!

L.W. U gebruik die Disqus-kommentaarafdeling op eie risiko en PRAAG, die redaksie of enige verwante persone of entiteite aanvaar geen verantwoordelikheid vir u kommentaar en watter gevolge ook al daaruit mag voortspruit nie. Terselfdertyd vereis ons dat u ter wille van beskaafdheid, redelikheid en die gerief van ander gebruikers, u sal weerhou van kwetsende taalgebruik, vloekwoorde, persoonlike aanvalle op medegebruikers, twissoekery en algemene "trol"-gedrag. Enigeen wat só 'n laspos word, sal summier verbied word en sy IP-adres sal insgelyks versper word. Ons sal ook nie huiwer om, waar nodig, kriminele klagte aanhangig te maak teen individue wat hulle aan dreigemente, teistering of intimidasie skuldig maak nie.