Indonesië stel veiligheid vir lugrederye uit

Deel op

Indonesië se ministerie van vervoer het Donderdag gesê planne om volgende maand die veiligheidgradering aan te kondig van lugrederye wat in die land werksaam is, is tot Junie uitgestel, het Xinhua berig.

Die veiligheidsgraderings is daarop gemik om veiligheid binne die plaaslike lugvaarbedryf te verbeter, het ’n beampte gister gesê.

Die land se minister van vervoer, Ignatius Jonan, het gesê sy ministerie sou die lisensies van lugrederye wat nie aan spesifieke veiligheidstandaarde voldoen nie, summier opskort. Ander lugrederye sal daarna die geleentheid kry om maatskappye wat nié aan die vereistes voldoen nie, te vervang.

Jonan het die plan verlede maand aangekondig ná die neerstorting van ’n AirAsia-vliegtuig op 28 Desember in Indonesiese waters, en waarin al 162 passasiers gesterf het.

Nouer samewerking met die Indonesiese Nasionale Lugrederyvereniging (INACA) sou ook onderneem word om deursigtigheid in die werksaamhede en die finansiering van vliegtuie te verbeter, het die minister gesê.

Indonesië skenk ernstige aandag aan die veiligheidstandaard van lugvaart, aangesien verskeie vliegtuigongelukkie in die afgelope paar jaar daar plaasgevind het. Die Europese Unie het in 2007 ’n reisverbod ten opsigte van talle Indonesiese lugrederye uitgereik. Die verbod is twee jaar later weens ’n verbetering in veiligheid opgehef.

Indonesië, wat bestaan uit ’n groot eilandgroep met ‘n bevolking van meer as 238 000 000 en ‘n groeiende middelklas, is ‘n potensiële mark vir laekoste-lugrederye, met die regering wat vlugroetes wil uitbrei om die meer as 17 500 eilande deur middel van lugvervoer met mekaar te verbind.

Neem deel aan die gesprek en lewer gerus hier onder kommentaar!

L.W. U gebruik die Disqus-kommentaarafdeling op eie risiko en PRAAG, die redaksie of enige verwante persone of entiteite aanvaar geen verantwoordelikheid vir u kommentaar en watter gevolge ook al daaruit mag voortspruit nie. Terselfdertyd vereis ons dat u ter wille van beskaafdheid, redelikheid en die gerief van ander gebruikers, u sal weerhou van kwetsende taalgebruik, vloekwoorde, persoonlike aanvalle op medegebruikers, twissoekery en algemene "trol"-gedrag. Enigeen wat só 'n laspos word, sal summier verbied word en sy IP-adres sal insgelyks versper word. Ons sal ook nie huiwer om, waar nodig, kriminele klagte aanhangig te maak teen individue wat hulle aan dreigemente, teistering of intimidasie skuldig maak nie.