Vryheid vir Steve Hofmeyr en alle kunstenaars by kunstefeeste!

[emailpetition id=”3″]
[signaturelist id=”3″]

Neem deel aan die gesprek en lewer gerus hier onder kommentaar!

L.W. U gebruik die Disqus-kommentaarafdeling op eie risiko en PRAAG, die redaksie of enige verwante persone of entiteite aanvaar geen verantwoordelikheid vir u kommentaar en watter gevolge ook al daaruit mag voortspruit nie. Terselfdertyd vereis ons dat u ter wille van beskaafdheid, redelikheid en die gerief van ander gebruikers, u sal weerhou van kwetsende taalgebruik, vloekwoorde, persoonlike aanvalle op medegebruikers, twissoekery en algemene "trol"-gedrag. Enigeen wat só 'n laspos word, sal summier verbied word en sy IP-adres sal insgelyks versper word. Ons sal ook nie huiwer om, waar nodig, kriminele klagte aanhangig te maak teen individue wat hulle aan dreigemente, teistering of intimidasie skuldig maak nie.
  • Ratel

    Die stilte van die ander Afrikaanse kunstenaars is dawerend. Hulle besef blykbaar nie dat as daar aan Afrikaanse kunstenaars voorgeskryf word wat “aanvaarbaar” is of nie, ‘n groot rede vir hulle eie bestaan in gedrang kom. Kunstenaars word nie ondersteun net omdat hulle ‘n liedjie kan sing nie. Hulle is in baie gevalle die “stem” of die sosiale, maatskaplike en sielkundige barometer of verset van die mense. Daar is ‘n baie goeie rede hoekom dit soms versetkuns genoem word, want liedjieskrywers staan baiekeer aan die voorpunt om te verwoord hoe die gewone mense wat nie ‘n openbare stem het nie, voel.
    Sommige kunstenaars het versetkuns bemeester, en die geskiedenis is vol van groot name wat hulle talente gebruik het om een of ander polemiek aan te spreek. ‘n Mens kan net vinnig dink aan Bob Dylan, Joan Baez en Crosby Stills Nash and Young om net ‘n paar te noem, of aan Michael Jackson se “Heal the world” waaraan die meeste groot name onder die supersterre deelgeneem het. Selfs hier in Suid Afrika was daar, vir ‘n kort tydjie, die Voelvry spulletjie. Bok van Blerk se “De la Rey” het ook so ‘n groot beroering veroorsaak dat dit op ‘n stadium amper verban was.
    Waar is die ander Afrikaanse kunstenaars, die wat hulle geld en bestaan te danke het aan spesifiek die groep mense wie se regte nou aangetas word? Dink hierdie kunstenaars dat hulle hulle bestaan te danke het aan die groot besighede wat konserte borg, of aan die duisende ondersteuners wat hulle musiek koop? Of is hulle musiek so leeg en niksseggend dat as hulle nie die rugsteuning van fees-organiseerders en besighede kry nie, dan bestaan dit skynbaar nie? Soos die geraas van ‘n klomp lee blikke?
    Ek het slegs nog Manie Jackson se naam gelees wat vir Steve ondersteun. Die ander is dawerend stil, skynbaar omdat hulle glo dat hulle een of ander voordeel gaan kry as Steve se stem stilgemaak word. Dat Steve se afwesigheid miskien gaan veroorsaak dat hulle meer musiek gaan verkoop. Die skynheiligheid van hierdie spulletjie is ‘n tragedie om te aanskou. Waar is die solidariteit wat veral nou, in hierdie stadium, getoon moet word? Dit gaan nie hier net om Steve nie. Dit gaan hier in ‘n baie groot mate ook om die ondersteuners van Afrikaanse musiek, want die musiek wat deur hulle ondersteun word, is die musiek wat hulle vrese en wense weerspieel. Dit wil vir my voorkom asof nie een van hulle wil opstaan om solidariteit te verleen nie, want hulle is skynbaar bang dat dit hulle deelname aan volgende feeste mag beinvloed. Fees-organiseerdes en besighede is besig om die medium waarin hierdie kunstenaars optree, te verwurg, en nie een van hulle het die moed van hulle oortuiging om eers ‘n piepgeluid te maak nie. Slapgatte. Hulle sal staan en toekyk hoedat hulle ondersteuners, die bron van hulle bestaan, en bykomend boonop, een van hulle eie groep, soos ‘n rugbybal rondgeskop word, maar hulle het nie die ruggraat om dit wat veronderstel is die totale rede vir hulle bestaan, te probeer beskerm nie. Hulle verwag blykbaar dat hulle ondersteuners hulle regte namens hulle moet beskerm en boonop dan nog hulle nikseggende musiek ook moet koop. Hulle wil hulle brood aan alle kante gebotter he, net solank hulle nie iets hoef terug te gee nie.
    Dit gaan hier om veel meer as net Steve. Dit gaan oor Afrikaans, dit gaan oor die feit dat fees-organiseerders en besighede wil voorskryf oor wat gehoor of gese mag word. Dit gaan hier om die wil van die ondersteuners van Afrikaanse musiek. Dit gaan hier om die eiesoortige karakter van die sogenaamde “Afrikaanse” feeste.
    Wat sal vir hierdie dawerend stil groep belangrik wees om te beskerm as dit nie hulle taal is nie, of hulle reg tot verset nie? Wie dink hulle moet dit namens hulle doen, hulle ondersteuners? Of slegs die een van hulle wat die moed van sy oortuiging het om op te staan en sy stem dik te maak? Hulle wys nie net die middelvinger vir hulle ondersteuners nie, maar ook vir alles wat veronderstel is om vir hulle belangrik te wees.
    Hulle be-aam maar net wat ek al vir ‘n baie lang tyd vermoed, en dit is dat hulle karakter omtrent net so afwesig is as die inhoud van die liedjies wat hulle sing.

  • Sjert

    Kan iemand miskien die Chris Chameleon berig wat op Nazi24 geplaas is en wat oor die k@k,k@k,nogmaals,k@k se boikot van Steve Hofmeyer handel, hier iewers plak?
    Samblief tog.
    Ek is op die 24werfetters se werwe geblok, maar sou heel graag wil sien wat Chameleon oor Steve en die Oudtshoorn boggerop te sê het.
    My pelle in Oudtshoorn wat reeds jarrre lank aftjop weens die volstruisvleis kwarantyn, aanvaar dat hulle nog verder verliese agv die politiekery van die Brits beheerde AAPSA gaan ly. Iets wat die Klein Karoo dorpie vir seker nie kan bekostig nie.