Seerowers hou skeepvrag wapens aan

Deel op

11:50:11 Islamitiese militantes in Somalië het seerowers wat 'n skip van die Oekraïne met tenks en militêre toerusting aan boord aanhou, aangemoedig om die vrag en die vaartuig te vernietig as 'n losprys nie aan hulle betaal word nie.

Deel op

Terwyl Amerikaanse oorlogskepe en ander vlote die MV Faina seewaarts van Somalië se kus blokkeer, dring die seerowers aan op betaling van $20 miljoen om die vrag en die 21 bemanningslede vry te laat.

'n Woordvoerder van die Shahab-beweging, Sheikh Mukthar Robow, sê as hulle nie die geld kry wat hulle eis nie, word hulle gevra om die skip óf te sink óf aan die brand te steek. Robow sê sy beweging, wat stadigaan besig is om die oorhand oor regeringsoldate in die suide van Somalië te kry, het nie bande met die seerowers wat verlede week op die vragskip onderweg na Mombasa in Kenia beslag gelê het nie.

Robow sê dit is 'n misdaad om handelskepe oor te neem maar die kaping van vaartuie wat wapens vir die vyande van Allah dra, is 'n ander saak. Die Shabab-beweging het seerowery in die suide van Somalië verlede jaar amper uitgewis.  Robow beweer dat die militêre skeepvrag aan Ethiopië behoort en na die hawe van Mogadisjoe onderweg was waar dit afgelaai sou word met die doel om Somalië te vernietig.

Die seerowers het vroeër gesê die wapens is na Soedan op pad. Die Oekraïense eienaars van die vragskip en die regering van Kenia sê die tenks is vir Kenia bestem. Amerika se vloot het belowe om te voorkom dat die seerowers die wapens aflaai.

 Robow sê sy beweging sal nie omgee om hulle hande daarop te lê nie omdat dit hulle veldtog teen soldate van Somalië, Ethiopië en die Afrika-unie 'n hupstoot sal gee.

и мозаикаФильчаков Александр Васильевич

Neem deel aan die gesprek en lewer gerus hier onder kommentaar!

L.W. U gebruik die Disqus-kommentaarafdeling op eie risiko en PRAAG, die redaksie of enige verwante persone of entiteite aanvaar geen verantwoordelikheid vir u kommentaar en watter gevolge ook al daaruit mag voortspruit nie. Terselfdertyd vereis ons dat u ter wille van beskaafdheid, redelikheid en die gerief van ander gebruikers, u sal weerhou van kwetsende taalgebruik, vloekwoorde, persoonlike aanvalle op medegebruikers, twissoekery en algemene "trol"-gedrag. Enigeen wat só 'n laspos word, sal summier verbied word en sy IP-adres sal insgelyks versper word. Ons sal ook nie huiwer om, waar nodig, kriminele klagte aanhangig te maak teen individue wat hulle aan dreigemente, teistering of intimidasie skuldig maak nie.