DA betoog teen Eskom-monopolie

Deel op

Die DA het Woensdag gesê die regering se monopolie op kragvoorsiening moet gebreek word en privaatelektrisiteitsprodusente moet in die mark toegelaat word om mee te ding, het Sapa berig.

“Kom ons breek die monopolie voor Eskom ons breek,” het Mmusi Maimane, parlementêre leier van die DA, aan ondersteuners in Johannesburg gesê.

Die DA het buite Megawattpark, Eskom se hoofkantoor, in Sunninghill betoog. “Skrap nou die kernooreenooms … Zuma en sy kabinet jaag hul eie pensioene uit hierdie ooreenkoms. Dit het niks te make met die behoeftes van Suid-Afrikaners nie,” het Maimane gesê.

Hy het ‘n beroep gedoen op die parlement om die Wetsontwerp op Onafhanklike Stelsels en Markoperateurs (ISMOB) goed te keur. Indien die wetsontwerp goedgekeur word sal dit privaatinstansies tot die mark toelaat.

Neem deel aan die gesprek en lewer gerus hier onder kommentaar!

L.W. U gebruik die Disqus-kommentaarafdeling op eie risiko en PRAAG, die redaksie of enige verwante persone of entiteite aanvaar geen verantwoordelikheid vir u kommentaar en watter gevolge ook al daaruit mag voortspruit nie. Terselfdertyd vereis ons dat u ter wille van beskaafdheid, redelikheid en die gerief van ander gebruikers, u sal weerhou van kwetsende taalgebruik, vloekwoorde, persoonlike aanvalle op medegebruikers, twissoekery en algemene "trol"-gedrag. Enigeen wat só 'n laspos word, sal summier verbied word en sy IP-adres sal insgelyks versper word. Ons sal ook nie huiwer om, waar nodig, kriminele klagte aanhangig te maak teen individue wat hulle aan dreigemente, teistering of intimidasie skuldig maak nie.