Eskom kondig fase-2 beurtkrag aan

Deel op

Eskom het aangekondig dat beurtkrag vanaf Donderdagoggend na fase 2 sal aangepas word.

“Die kragnetwerk is steeds onder druk. Fase 2-beurtkrag sal vandag [Donderdag] van 08:00 tot 23:00 toegepas word,” het Eskom se woordvoerder, Khulu Phasiwe gesê.

Die kragvoorsiener ervaar steeds probleme met sy opwekkingvermoë.

Eskom het Woensdag van 10:00 tot 14:00 fase 1-beurtkrag toegepas waarna fase 2-beurtkrag tot na 22:00 toegepas is.

Fase 1-beurtkrag maak voorsiening dat tot 1000 MW se kragverbruik ingekort word, fase 2 tot 2000 MW en fase 3 maak voorsiening vir die inkorting van tot 4000 MW se kragverbruik.

Dit beteken ook dat verbruikers tot twee maal ‘n dag vir sowat twee tot vier ure ‘n dag sonder krag kan wees. Hy sê die druk kan toegeskryf word aan die verlies van nog opwekkingseenhede.

Volgens Phasiwe is vyf van die eenhede onklaar.

‘n Woordvoerder van Nasionale Energiereguleerder (NERSA) het vroeër gesê hulle is nog besig om te bereken nadat Eskom toestemming gegee is om kragtariewe te verhoog.

NERSA het toestemming vir ‘n verhoging gegee om bykomende dieselkoste te verhaal wat Eskom moes aangaan om gasturbines aan die gang te hou vir kragvoorsiening.

NERSA het in November verlede jaar ‘n 12,6% verhoging aan Eskom toegestaan

Neem deel aan die gesprek en lewer gerus hier onder kommentaar!

L.W. U gebruik die Disqus-kommentaarafdeling op eie risiko en PRAAG, die redaksie of enige verwante persone of entiteite aanvaar geen verantwoordelikheid vir u kommentaar en watter gevolge ook al daaruit mag voortspruit nie. Terselfdertyd vereis ons dat u ter wille van beskaafdheid, redelikheid en die gerief van ander gebruikers, u sal weerhou van kwetsende taalgebruik, vloekwoorde, persoonlike aanvalle op medegebruikers, twissoekery en algemene "trol"-gedrag. Enigeen wat só 'n laspos word, sal summier verbied word en sy IP-adres sal insgelyks versper word. Ons sal ook nie huiwer om, waar nodig, kriminele klagte aanhangig te maak teen individue wat hulle aan dreigemente, teistering of intimidasie skuldig maak nie.