W?reldwye resessie voorspel rentekoersverlagings

Deel op

09:31:47 Toenemende vrese oor 'n globale ekonomiese resessie het aandeelpryse Donderdag laat daal, met die Europese Sentrale Bank wat aangedui het dat dit binnekort koerse vir die eerste keer in vyf jaar mag verlaag.

Deel op

Jean-Claude Trichet, die president van die ESB, het die deur vir 'n moontlike verlaging in amptelike leenkoerse vir die 15 lidlande van die eurosone oopgemaak deur te sê dat eurosone-inflasierisiko's nie verdwyn het nie, maar wel afgeneem het. Na verwagting sal koerse in November verlaag word of selfs vroeër indien die krisis in finansiële markte vererger.

Die toeskietlike toon van die ESB het bygedra tot 'n skerp daling in die waarde van die euro wat tot $1,38 getuimel het – 'n eenjaarlaagtepunt teen die dollar, asook 145 jen, die laagste koers vir twee jaar teen die Japannese geldeenheid.

Die dollar het ook teen die rand verstewig en die plaaslike geldeenheid het gister verswak tot R8,41 vanaf R8,23 die vorige dag. Teen 'n handelsgebalanseerde mandjie van geldeenhede het die dollar Donderdag met 1,2 persent gestyg en met 12,9 persent sedert April. Ruolie het met 4,6% getuimel tot $93,97 per vat. Swak Amerikaanse verbruikersdata, asook getuienis dat die kapitaalmark selfs vir die beste maatskappye geslote bly, het skerp dalings in hulpbronpryse en ontluikende markte veroorsaak.

Aandeelpryse het gister skerp gedaal, met die Johannesburgse aandelebeurs se algehele indeks wat vanaf 'n hoogtepunt van 24114 punte tot 22 560 teen sluitingstyd gedaal het, 'n daling van meer as 6 persent.

Die Amerikaanse S&P 500-indeks wat die 500 grootste maatskappye in die VSA verteenwoordig, het gisteraand 4 persent laer gesluit op 1 114 punt, net bokant die laagtepunt wat dit Maandag ná die skokstemming in die Amerikaanse kongres teen die $700-miljardhulppakket bereik het.

Volgens Todd Steinberg, hoof van aandele en afgeleides vir die Amerikas by BNP Paribas, "Het 'n verskuiwing in sentiment in aandeelmarkte plaasgevind. Die fokus is nou op die ekonomie en selfs al word die hulppakket goedgekeur, is dit die uitwerking van die hulp op die ekonomie wat saak maak en dit gaan tyd neem om voelbaar te raak."

Die MSCI-indeks van ontluikende markte het met 8,8 persent gedaal en is 43,3 persent laer as die hoogtepunt verlede jaar. Kanada se vernaamste aandeelindeks het met 7 persent getuimel om die laagste punt sedert November 2005 te bereik. Brasilië se Bovespa-indeks het met 11,7 persent in VS-dollarterme gedaal. In Londen het die FTSE 100 1,8 persent laer gesluit op 4 870.

Met vooruitsigte vir die wêreldekonomie wat al slegter raak, bly beleggers onwillig om geld selfs vir die sterkste maatskappye te leen. Kredietmarkte bly grootliks bevrore, en die kommersiëlepapiermark het met 'n verdere $95-miljard oor die afgelope week gekrimp. Banke sukkel steeds om hulself te bevonds, met driemaande-LIBOR wat op 4,21 persent, oftewel 6 basispunte hoër, vasgestel is.

Die opbrengs op Amerikaanse staatseffekte het gedaal soos wat handelaars geld verwed dat die Federale Reserwe Amerikaanse koerse mag verlaag, miskien selfs voor die rentevasstellingsvergadering van 29 Oktober. Termyne in federale fondse het gedaal te midde van verwagtings dat "'n dieper en langer ekonomiese afswaai waarskynlik is," volgens ontleders van Brown Brothers Harriman.

парная в бане своими рукамиДанильченко Юрий Брониславович компромат

Neem deel aan die gesprek en lewer gerus hier onder kommentaar!

L.W. U gebruik die Disqus-kommentaarafdeling op eie risiko en PRAAG, die redaksie of enige verwante persone of entiteite aanvaar geen verantwoordelikheid vir u kommentaar en watter gevolge ook al daaruit mag voortspruit nie. Terselfdertyd vereis ons dat u ter wille van beskaafdheid, redelikheid en die gerief van ander gebruikers, u sal weerhou van kwetsende taalgebruik, vloekwoorde, persoonlike aanvalle op medegebruikers, twissoekery en algemene "trol"-gedrag. Enigeen wat só 'n laspos word, sal summier verbied word en sy IP-adres sal insgelyks versper word. Ons sal ook nie huiwer om, waar nodig, kriminele klagte aanhangig te maak teen individue wat hulle aan dreigemente, teistering of intimidasie skuldig maak nie.