‘Ons hou van jou, FW,’ sê ANC ná 25 jaar

Deel op

Verteenwoordigers van die ANC het mnr. FW de Klerk gister geloof vir sy “moedige stap” om 25 jaar gelede op 2 Februarie die verbod op die ANC en SAKP op te hef, asook sy besluit om alle mag aan dié twee “bevrydingsbewegings” met hul stedelike terreur en kommunistiese retoriek te oorhandig.

Uit uitsprake deur De Klerk en Kgalema Motlanthe van die ANC gister by die FW de Klerk-stigting se konferensie in Kaapstad, blyk dit dat alles in Suid-Afrika goed gaan. Oor plaasmoorde, geweld en korrupsie is geen woord gerep nie, maar “rassisme in die kuberruim” is glo ‘n probleem.

Beeld, die Johannesburgse mondstuk van die ANC, skryf vandag op die voorblad: “As die nuwe vlaag van rassisme nie hokgeslaan word nie, kan dit alles wat die afgelope kwarteeu in Suid-Afrika bereik is ongedaan maak.”

Die koerant haal vir FW de Klerk aan waar hy sê:

“Daar is ’n bittere, konfronterende klank in die nasionale diskoers (oor ras) wat teenstrydig is met alles waarvoor Mandela gewerk het.”

Veral Motlanthe het hom teen “rassisme in die kuberruim” uitgespreek en gemeen “die ondermyn nasiebou”.Motlanthe het ook gesê dat hy die hernoeming van Tafelbaairylaan na FW de Klerkrylaan in Kaapstad steun. Die bejaarde Indiërkommunis, Ahmed Kathrada, is insgelyks ten gunste van die hernoeming.De Klerk word daardeur gekwel dat “die ANC (Mandela se) pogings tot nasionale versoening laat vaar het”. Hy het hom ook uitgelaat oor Jacob Zuma se onlangse aanval op Jan van Riebeeck en blankes wat vir alle probleme in die land verantwoordelik is deur te sê:

“Dit sal nie verras indien dié bombardering rassehaat by swart Suid-Afrikaners aanblaas of ten minste beskouings van wit morele skuld en swart aansprake versterk nie.”Motlanthe wil sien dat blankes nog meer doen vir die glorie van swart Suid-Afrikaners en die ANC moet doen. Hy het gesê: “Ek doen weer ’n beroep op wit mense om hul skuldgevoelens te laat vaar en hulle eerder met meer geesdrif te verbind tot ’n gemeenskaplike toekoms.”

Maar “rassisme in die kuberruim” is ‘n groot probleem, waaroor Motlanthe verder soos volg uitgewei het:

“Dit dien as barometer van die stand van maatskaplike samehorigheid en versoening in ons land. Dit is betreurenswaardig en daar kan gevra word wat verkeerd geloop het vir die ­Reënboognasie.”

Dit is veral hartseer dat kuberruim-rassisme gedryf word deur jong mense wat geen bewussyn van apartheid het nie.

Rassisme in die sosiale media bied ’n blik op die siel van Suid-Afrika ná apartheid.

Geen land sal kan oorleef sonder om so ’n belangrike nasionale vraagstuk op te los nie.”

Oor die ANC-ampsdraer Tony Ehrenreich se bitsige aanval op die Kaapstadse stadsraad oor die hernoeming van Tafelbaairylaan, het Motlanthe gesê dat hy nie sy woorde kan afwys nie, aangesien hy “oor vryheid van spraak in ons grondwetlike demokrasie beskik en dit op sensuur sou neerkom”.

Die ANC is die mees suksesvolle terreurbeweging in die geskiedenis, wat oor die afgelope twintig jaar ten minste tien triljoen rand op allerlei maniere van die eens gehate “apartheidstaat” verhaal het.

Neem deel aan die gesprek en lewer gerus hier onder kommentaar!

L.W. U gebruik die Disqus-kommentaarafdeling op eie risiko en PRAAG, die redaksie of enige verwante persone of entiteite aanvaar geen verantwoordelikheid vir u kommentaar en watter gevolge ook al daaruit mag voortspruit nie. Terselfdertyd vereis ons dat u ter wille van beskaafdheid, redelikheid en die gerief van ander gebruikers, u sal weerhou van kwetsende taalgebruik, vloekwoorde, persoonlike aanvalle op medegebruikers, twissoekery en algemene "trol"-gedrag. Enigeen wat só 'n laspos word, sal summier verbied word en sy IP-adres sal insgelyks versper word. Ons sal ook nie huiwer om, waar nodig, kriminele klagte aanhangig te maak teen individue wat hulle aan dreigemente, teistering of intimidasie skuldig maak nie.