Ses in Zim deur weerlig doodgeslaan

Deel op

Sapa berig dat ses kinders en ‘n volwassene in Zimbabwedeur weerlig doodgeslaan is.

Die Zimbabwe-uitsaaikorporasie, die staatsuitsaaier het Dinsdag in sy aandnuus gesê die ses kinders was tussen vier en 11 jaar oud.

Die voorval het Maandagmiddag in Mugwinyi in Bikita plaasgevind. Die sewe persone het in twee grasdakhutte skuiling gesoek toe die weerlig hulle getref het.

Drie mense is reeds in Zimbabwe dood sedert die begin van Desember, die aanvang van die reënseisoen.

Dele van Zimbabwe, insluitend die hoofstad Harare, is deur hewige storms en swaar reënval die afgelope week geteister.

Neem deel aan die gesprek en lewer gerus hier onder kommentaar!

L.W. U gebruik die Disqus-kommentaarafdeling op eie risiko en PRAAG, die redaksie of enige verwante persone of entiteite aanvaar geen verantwoordelikheid vir u kommentaar en watter gevolge ook al daaruit mag voortspruit nie. Terselfdertyd vereis ons dat u ter wille van beskaafdheid, redelikheid en die gerief van ander gebruikers, u sal weerhou van kwetsende taalgebruik, vloekwoorde, persoonlike aanvalle op medegebruikers, twissoekery en algemene "trol"-gedrag. Enigeen wat só 'n laspos word, sal summier verbied word en sy IP-adres sal insgelyks versper word. Ons sal ook nie huiwer om, waar nodig, kriminele klagte aanhangig te maak teen individue wat hulle aan dreigemente, teistering of intimidasie skuldig maak nie.