Vermeende mensvreter pleit skuldig

Deel op

‘n Swart Zimbabwiër het Maandag in die Wes-Kaapse hooggeregshof skuldig gepleit op moord en dat hy sy slagoffer se hart verwyder het. Hy het glo ook op die toneel van sy hart verorber.

Andrew Chimboza (35) het op die eerste dag van sy verhoor ‘n pleitooreenkoms onderteken waarin hy skuldig pleit voor regter Ashley Binns-Ward en sy pleitooreenkoms is aan die hof voorgehou.

In die ooreenkoms vra hy om verskoning dat hy die 62-jarige Mbuyiselo Manona in Junie 2014 in Gugulethu by ‘n kliënt se huis vermoor het. “Ek is jammer oor dit wat ek gedoen het en ek het ware berou,” het hy in die dokument gesê.

‘n Bakleiery het tussen die mans uitgebreek waarna die vermeende mensvreter sy slagoffer met ‘n mes doodgesteek het.

Chimboza het gesê hy besef sy optrede was verkeerd en oorskry die grense van selfverdediging.

Die nadoodse ondersoek het aangedui Manona is dood van wonde in sy nek, bors en maag.

Die staat het verlede jaar tydens die hofverrigtinge in die Athlone-landdroshof aangevoer ooggetuies het gesien hoe sit Chimboza bo-op die slagoffer en eet stukkies van sy hart. Dit is nie Maandag in die pleitooreenkoms genoem nie.

Landdros Jacqueline Sibiya het gesê sy glo die verwydering van die hart was nie die oorsaak van dood nie en beïnvloed dus nie die pleitooreenkoms nie.

Sy beplan egter om die dokter, wat die nadoodse ondersoek gedoen het, as ‘n getuie te roep tydens die betoë oor verswaring van vonnis.

Die vonnisoplegging sal Dinsdag begin.

Neem deel aan die gesprek en lewer gerus hier onder kommentaar!

L.W. U gebruik die Disqus-kommentaarafdeling op eie risiko en PRAAG, die redaksie of enige verwante persone of entiteite aanvaar geen verantwoordelikheid vir u kommentaar en watter gevolge ook al daaruit mag voortspruit nie. Terselfdertyd vereis ons dat u ter wille van beskaafdheid, redelikheid en die gerief van ander gebruikers, u sal weerhou van kwetsende taalgebruik, vloekwoorde, persoonlike aanvalle op medegebruikers, twissoekery en algemene "trol"-gedrag. Enigeen wat só 'n laspos word, sal summier verbied word en sy IP-adres sal insgelyks versper word. Ons sal ook nie huiwer om, waar nodig, kriminele klagte aanhangig te maak teen individue wat hulle aan dreigemente, teistering of intimidasie skuldig maak nie.