Poskantoor wys groot verlies

Deel op

Die Suid-Afrikaanse Poskantoor (Sapo) verwag ‘n groot verlies in sy finansiële jaar tot Maart van R1.3 miljard, het Beeld Maandag berig.

Ouditeure is bekommerd oor Sapo se 2014-’15-jaarverslag en wat teen die einde van die bestaande finansiële jaar ook problematies lyk.

Die verslag is verlede week vier maande te laat by die parlement ingedien.

Verkwisting en onregmatige uitgawes van onderskeidelik R41 miljoen en R200 miljoen is glo aangegaan. Die Poskantoor het R5.3 miljoen verloor weens bedrog in die instansie se tesourie, en R5.5 miljoen aan handelsmisdaad.

Die organisasie het die vorige finansiële jaar ‘n verlies van meer as R358 miljoen gely.

Die Poskantoor se totale bates was teen 31 Maart verlede jaar R2.3 miljard meer as die totale laste.

Neem deel aan die gesprek en lewer gerus hier onder kommentaar!

L.W. U gebruik die Disqus-kommentaarafdeling op eie risiko en PRAAG, die redaksie of enige verwante persone of entiteite aanvaar geen verantwoordelikheid vir u kommentaar en watter gevolge ook al daaruit mag voortspruit nie. Terselfdertyd vereis ons dat u ter wille van beskaafdheid, redelikheid en die gerief van ander gebruikers, u sal weerhou van kwetsende taalgebruik, vloekwoorde, persoonlike aanvalle op medegebruikers, twissoekery en algemene "trol"-gedrag. Enigeen wat só 'n laspos word, sal summier verbied word en sy IP-adres sal insgelyks versper word. Ons sal ook nie huiwer om, waar nodig, kriminele klagte aanhangig te maak teen individue wat hulle aan dreigemente, teistering of intimidasie skuldig maak nie.