Kanselier van nuwe universiteit binnekort aangekondig

Deel op

Die Sol Plaatje-Universiteit in Kimberley kondig na verwagting môre aan wie die instelling se eerste heeltydse vise-kanselier is.

Die universiteitsraad vergader môre om dié besluit te neem. Aansoeke het in Desember verlede jaar gesluit, onderhoude is gevoer en ‘n kortlys is intussen saamgestel.

Die tussentydse hoof, Yunis Ballim, is volgens ‘n betroubare bron die gunsteling om in die pos aangestel te word.

Ballim, wat in Johannesburg woon, het laat verlede jaar besluit om vir die pos aansoek te doen.

Die engelstalige Sol Plaatje-Universiteit is die eerste om sy deure in Suid-Afrika te open nadat die ANC aan bewind gekom het.

Die Noord-Kaap, waar die instelling opgerig is, is oorwegend Afrikaanssprekend.

Neem deel aan die gesprek en lewer gerus hier onder kommentaar!

L.W. U gebruik die Disqus-kommentaarafdeling op eie risiko en PRAAG, die redaksie of enige verwante persone of entiteite aanvaar geen verantwoordelikheid vir u kommentaar en watter gevolge ook al daaruit mag voortspruit nie. Terselfdertyd vereis ons dat u ter wille van beskaafdheid, redelikheid en die gerief van ander gebruikers, u sal weerhou van kwetsende taalgebruik, vloekwoorde, persoonlike aanvalle op medegebruikers, twissoekery en algemene "trol"-gedrag. Enigeen wat só 'n laspos word, sal summier verbied word en sy IP-adres sal insgelyks versper word. Ons sal ook nie huiwer om, waar nodig, kriminele klagte aanhangig te maak teen individue wat hulle aan dreigemente, teistering of intimidasie skuldig maak nie.