Derde Bush vir die Withuis?

Deel op

Die Withuis kan ‘n derde Bush dalk te wagte wees en ‘n tweede keer dat ‘n Bush ‘n Clinton die stryd aansê.

Jeb Bush, ­voormalige goewerneur van die deelstaat Florida, is een van die Republikeinse Party se ­sterkste kandidate in die aanloop tot ­volgende jaar se benoemingstryd vir 2017 se presidentsverkiesing.

Bush is die seun van oudpres. George H. Bush en die jonger broer van oudpres. George W. Bush.

Mitt Romney, die Republikeine se vorige presidentskandidaat in 2012, het Vrydag gesê dat hy nie vir 2017-verkiesings sal staan nie en aan Bush daarmee ‘n stewige hupstoot besorg.

Ná Romney se vroeë onttrekking is Bush se kanse om die Republikeinse voorloperkandidaat tot die benoemingstryd te wees, baie goed, het The Washington Post berig.

Bill Clinton het George H. Bush in die presidentstryd in 1992 verslaan.

Die jong Bush en Hillary ­Clinton sal volgende jaar weet hoe hulle in die Republikeinse en Demokratiese Party se benoemingstryde gevaar het.

Clinton het nog nie haar amptelike kandidatuur bekend gemaak nie. As sy deelneem, sal senator ­Elizabeth Warren van Massachusetts haar sterkste mededinger wees.

Die Republikeinse teenstanders is goeweneurs Scott Walker en Chris Christie en senators Marc Rubio, Ted Cruz en Rand Paul.

Neem deel aan die gesprek en lewer gerus hier onder kommentaar!

L.W. U gebruik die Disqus-kommentaarafdeling op eie risiko en PRAAG, die redaksie of enige verwante persone of entiteite aanvaar geen verantwoordelikheid vir u kommentaar en watter gevolge ook al daaruit mag voortspruit nie. Terselfdertyd vereis ons dat u ter wille van beskaafdheid, redelikheid en die gerief van ander gebruikers, u sal weerhou van kwetsende taalgebruik, vloekwoorde, persoonlike aanvalle op medegebruikers, twissoekery en algemene "trol"-gedrag. Enigeen wat só 'n laspos word, sal summier verbied word en sy IP-adres sal insgelyks versper word. Ons sal ook nie huiwer om, waar nodig, kriminele klagte aanhangig te maak teen individue wat hulle aan dreigemente, teistering of intimidasie skuldig maak nie.