Griekeland se skuldsirkus

Deel op

Die Griekse eerste minister, Alexis Tsipras, het gister gesê sy linkse regering sou ten volle gebruik maak van ’n mandaat om onderhandelinge met Europese vennote aan te gaan en ten sterkste ontken dat hy bystand by Rusland sal vra.

“Ons is in ’n gevorderde stadium van onderhandelings met ons vennote in Europa en ander wat vir ons geld geleen het. Ons het ’n verpligting­ teenoor hulle,” het Tsipras tydens ’n mediakonferensie­ gesê toe hy gevra is of hy bereid is om bystand van Rusland te ontvang.

“Op die oomblik is geensins sulke gesprekke op die tafel nie.”

Tydens sy eerste buitelandse­ reis as eerste minister, het Tsipras in Nicosia gesê hy en pres. Nicos Anastasiades­ van Ciprus het ’n gekoördineerde­ standpunt bespreek­ vir ’n “brug van vrede en samewerking­ tussen Europa en Rusland”.

Tsipras het gesê sy land sal voortgaan­ om die euro te gebruik, en bygevoeg dat enigiemand wat glo klein eurosone-lande­ soos Griekeland­ en Ciprus is nie noodsaaklik­ in die blok nie, verkeerd­ bewys sal word.

Tsipras het ook ’n beroep gedoen op die vervanging van die “troika” meganisme van die Europese­ Kommissie­, Europese Sentrale Bank en Internasionale­ Monetêre Fonds wat die finansiële toestand van sukkelende­ lidlande beheer.

Die president van die Europese Parlement, Martin Schultz het ‘n beroep op die nuwe Griekse regering gedoen om sy anti-Duitse retoriek in te perk.

Schultz sê dit is teenproduktief om Duitsland en sy leier in die openbaar te beledig.

Tsipras het voorts beweer dat Duitsland Griekeland miljarde euro skuld weens die Nazi-besetting gedurende die Tweede Wêreldoorlog. Griekeland skuld Duitsland tans miljarde euro.

Samesprekings oor Griekeland se internasionale skuld duur intussen voort. Die land se minister van finansies, Yanis Varoufakis is tans op besoek in Parys waar die Franse regering Griekeland teen Duitsland probeer afspeel het.

Varoufakisis ‘n burger van Australië wat in Brittanje studeer het en as ‘n professor by die Universiteit van Texas werksaam was.

Hy mag een van diegene wees met botsende lojaliteite in die EU. Varoufakis was voorheen ‘n ekonoom-in-opleiding vir die Valve Corporation, wat deel is van Microsoft.

Die waarskuwingstekens sê ontleders, dat Varoufakis ‘n “Trojaanse perd” vir George Soros is, is vollop.

Hy het intussen voorgestel dat sy land se terugbetalings aan ekonomiese herstel gekoppel word.

Die Britse minister George Osborne het Varoufakis gul ontvang, maar gewaarsku dat die stygende konfrontasie tussen Griekeland en die eurosone die “grootste risiko vir die globale ekonomie” inhou.

Duitsland en ander noord-Europese lande staan volgens Osborne “onverskillig” teenoor die gedagte dat Griekeland gedwing sal word om uit van die euro te tree.

Sommige ekonome sê die euro kan selfs beter sonder Griekeland vaar.

Joschka Fischer, die voormalige Duitse minister van buitelandse sake en visekanselier, sê die Syriza-oorwinning is regtig ‘n “Griekse begrafnis” vir die breër Duitse strategie van besuiniging en soberheid vir Europa.

Die regse politikus Bernd Lucke het by die AfD se partykongres in Bremen gesê Griekeland behoort so gou as moontlik uit die EU-groep van 19 lande te tree.

Neem deel aan die gesprek en lewer gerus hier onder kommentaar!

L.W. U gebruik die Disqus-kommentaarafdeling op eie risiko en PRAAG, die redaksie of enige verwante persone of entiteite aanvaar geen verantwoordelikheid vir u kommentaar en watter gevolge ook al daaruit mag voortspruit nie. Terselfdertyd vereis ons dat u ter wille van beskaafdheid, redelikheid en die gerief van ander gebruikers, u sal weerhou van kwetsende taalgebruik, vloekwoorde, persoonlike aanvalle op medegebruikers, twissoekery en algemene "trol"-gedrag. Enigeen wat só 'n laspos word, sal summier verbied word en sy IP-adres sal insgelyks versper word. Ons sal ook nie huiwer om, waar nodig, kriminele klagte aanhangig te maak teen individue wat hulle aan dreigemente, teistering of intimidasie skuldig maak nie.