Theuns Eloff nuwe voorsitter van FW de Klerkstigting

Die vorige rektor van die Noordwes-Universiteit, dr. Theuns Eloff, is verkies tot voorsitter van die FW de Klerkstigting.

De Klerk het reeds in 2014 te kenne gegee dat hy nie langer as voorsitter wil aanbly nie. Hy sal egter steeds ‘n “aktiewe rol” by die stigting speel om die oogmerke daarvan te bevorder.

Blykbaar is daar gister vir die eerste keer ‘n raadsvergadering onder Eloff se voorsitterskap gehou. De Klerk bly steeds as raadslid aan.

Die FW de Klerkstigting is in 1999 opgerig om die Suid-Afrikaanse grondwet te bevorder, asook om “positiewe verhoudinge tussen gemeenskappe” te bestendig. Die stigting ondersteun ook organisasies wat vir gestremde kinders sorg.

 

Neem deel aan die gesprek en lewer gerus hier onder kommentaar!

L.W. U gebruik die Disqus-kommentaarafdeling op eie risiko en PRAAG, die redaksie of enige verwante persone of entiteite aanvaar geen verantwoordelikheid vir u kommentaar en watter gevolge ook al daaruit mag voortspruit nie. Terselfdertyd vereis ons dat u ter wille van beskaafdheid, redelikheid en die gerief van ander gebruikers, u sal weerhou van kwetsende taalgebruik, vloekwoorde, persoonlike aanvalle op medegebruikers, twissoekery en algemene "trol"-gedrag. Enigeen wat só 'n laspos word, sal summier verbied word en sy IP-adres sal insgelyks versper word. Ons sal ook nie huiwer om, waar nodig, kriminele klagte aanhangig te maak teen individue wat hulle aan dreigemente, teistering of intimidasie skuldig maak nie.