Popcru eis kop van Gauteng-polisiekommissaris

Deel op

17:46:05 Lede van die Polisie- en prisoniersburgerregte-unie (Popcru) het geëis dat Gauteng se polisiekommissaris Perumal Naidoo afgedank word. Popcru het Donderdag 'n protesoptog in Johannesburg gehou.

Deel op

Provinsiale woordvoerder Benzi Ka-Soko sê Naidoo het versuim om baie probleme in die polisiediens, soos rassisme, aan te spreek.  Hy sê 'n ondersoek is na die saak ingestel maar die aanbevelings is nooit uitgevoer nie.

NUUT!

Die betogers het ook salarisaanpassings vir nuwe lede van die polisiediens geëis. Ka-Soko sê hulle stel 'n ultimatum en verwag van Naidoo om dringende aandag aan die sake te gee.

s start пуско зарядное устройстволобановский александр игоревич харьков

Neem deel aan die gesprek en lewer gerus hier onder kommentaar!

L.W. U gebruik die Disqus-kommentaarafdeling op eie risiko en PRAAG, die redaksie of enige verwante persone of entiteite aanvaar geen verantwoordelikheid vir u kommentaar en watter gevolge ook al daaruit mag voortspruit nie. Terselfdertyd vereis ons dat u ter wille van beskaafdheid, redelikheid en die gerief van ander gebruikers, u sal weerhou van kwetsende taalgebruik, vloekwoorde, persoonlike aanvalle op medegebruikers, twissoekery en algemene "trol"-gedrag. Enigeen wat só 'n laspos word, sal summier verbied word en sy IP-adres sal insgelyks versper word. Ons sal ook nie huiwer om, waar nodig, kriminele klagte aanhangig te maak teen individue wat hulle aan dreigemente, teistering of intimidasie skuldig maak nie.