Die Curroskool, vervolg

Soos lesers kan aflei uit my twee rubrieke wat oor dieselfde onderwerp handel die afgelope paar dae, vind ek die gebeure by die Curroskool besonder interessant. Dit is interessant omdat dit al die elemente van wat die multikul-gedrog onwerkbaar maak, in een skool vervat.

delport_manfred_600Swart ouers wil skynbaar hul kinders ten alle koste in ‘n skool met blanke leerlinge hê. Nie net dring die Curroskool se ouers aan op ‘n skool met blanke onderwysers nie, maar word daar ook heftig rassisme gegil wanneer daar nie ook blanke kinders in die swart “lênnas” se klasse is nie. Interessant, nie waar nie? Die swart ouers maak heftig beswaar oor – en hier is die skreeusnaakse aspek – ‘n oormaat van hul eie telgies; hulle is ontevrede agv te veel swart “lênnas” in dieselfde klas! Groucho Marx kon net sowel van hierdie rassisme-gillers gepraat het toe hy gesê het: “I don’t care to belong to any club that would have me as a member.” Laasgenoemde is ‘n baie raak en spitsvondige opsomming van presies wat hier aan die gang is.

‘n Amerikaanse skrywer, John Derbyshire, het ook op hierdie verskynsel gewys, en geskryf dat swartes ‘n geweldige begeerte het om hulself aan blankes op te dwing, onder die voorwendsel van integrasie. Hulle wil byvoorbeeld ten alle koste in blanke lande woon – talle Afrikane verdrink in die Middellandse See in hul naarstiglike gevlug na Europa. So ook wil swartes in blanke buurte woon. Hierdie drang dra egter die sade van sy eie vernietiging. Sodra daar ‘n meerderheid swartes in ‘n buurt, land of skool soos Curro beland, wys Derbyshire uit dat hulle teenwoordigheid die ganse rede waarom hulle in die eerste plek daar wou wees, vernietig. Amerikaanse eiendomsagente het selfs ‘n term hiervoor: “Blockbusting.” Sodra een swart gesin sy intrek in ‘n voormalige blanke buurt neem, vlug die oorblywende blankes na witter buurte toe. (Derbyshire het natuurlik, omdat hy die waarheid durf praat het, sy werk as skrywer verloor.)

Dit is presies wat in die Curroskool gebeur het. Die City Press berig vandag dat daar ‘n grootskeepse onttrekking van blanke leerlinge uit die Curroskool plaasgevind het omdat blanke ouers besorg was omdat die skool verswart het, en dat hierdie sogenaamde “white flight” aanleiding gegee het tot die huidige herrie oor sogenaamde rassisme binne die skool. Blanke ouers het die skrif teen die muur gesien, op groot skaal met hul voete gestem en hul kinders uit die betrokke skool verwyder. Die resultaat hiervan was dat daar slegs enkele blanke kinders oorgebly het, en hierdie klein groepie blanke kinders is almal in dieselfde klas ingedeel. Dit is eweneens opmerklik dat die gegil oor sogenaamde rassisme nie opgegaan het omdat daar ‘n meerderheid blankes in die betrokke klas was nie. Die blanke kinders was steeds in die minderheid in die betrokke klas. Nietemin dring die swart ouers daarop aan dat selfs hierdie klein groepie blankes tussen die swart klasse verdeel moet word.

Dit is eintlik verstommend, nie waar nie? Swart ouers teem oor blanke rassisme, maar in ‘n direkte weerspreking van hul eie huilerige geskree oor sogenaamde rassisme, dring hulle daarop aan dat hulle kinders aan daardie einste blanke rassiste blootgestel moet word. Synde ‘n privaatskool, is die Curroskool ook goed toegerus, met toereikende leergeriewe, handboeke en dies meer. Die verskoning dat swart skole swak geriewe het, word dikwels as verskoning vir swart lênnas se onderprestasie voorgehou, maar te oordeel aan die geskree rondom die Curroskool is dit klaarblyklik nie net handboeke wat volgens swart ouers tekortskiet in swart skole nie, maar dit is ook inderdaad blanke leerlinge, bid jou aan!

Wys jou net: die multikul-gedrog is ‘n onding en die sogenaamde reënboognasie ‘n onwerkbare ramp. Gedwonge integrasie kos geld. Die multikul-gedrog verg aanhoudende krisisbestuur. Dit veroorsaak deurlopend konflik. Niemand is gelukkig met gedwonge integrasie nie, nie die blankes nie, en veral nie die swart ouers nie.


Neem deel aan die gesprek en lewer gerus hier onder kommentaar!

L.W. U gebruik die Disqus-kommentaarafdeling op eie risiko en PRAAG, die redaksie of enige verwante persone of entiteite aanvaar geen verantwoordelikheid vir u kommentaar en watter gevolge ook al daaruit mag voortspruit nie. Terselfdertyd vereis ons dat u ter wille van beskaafdheid, redelikheid en die gerief van ander gebruikers, u sal weerhou van kwetsende taalgebruik, vloekwoorde, persoonlike aanvalle op medegebruikers, twissoekery en algemene "trol"-gedrag. Enigeen wat só 'n laspos word, sal summier verbied word en sy IP-adres sal insgelyks versper word. Ons sal ook nie huiwer om, waar nodig, kriminele klagte aanhangig te maak teen individue wat hulle aan dreigemente, teistering of intimidasie skuldig maak nie.