AU wys Grondgryp-Bob as voorsitter aan

Deel op

Die regerende Zanu-PF in Zimbabwe het die Afrika Unie intussen geloof vir sy besluit om President Robert Mugabe as AU-voorsitter aan te wys.

Mugabe het verlede week by die AU-beraad in Addis Abeba gesê dat die res van die vasteland moet Zimbabwe se grondgrypvoorbeeld volg.

Die party sê die besluit weerspieël Afrikaleiers se gehegtheid aan die negentigjarige staatsman.

Die party-woordvoerder, Simon Moyo sê Afrika sal vir ewig Mugabe se heldedade koester, ondanks die Weste se negatiewe siening van hom.

Honderde wit boere is van hul plase afgegjaag wat tot die ineestorting van die land se eens florerende landboubedryf en hongersnood gelei het.

President Jacob Zuma het die Suid-Afrikaanse afvaardiging in Addis Abeba, Ethopië, by die pasafgelope beraad verteenwoordig.

Van die kwessies wat bespreek is, is die toename in terreuraanvalle in Afrika en die AU se reaksie op ebola in Wes-Afrika.

Suid-Afrika sal die gasheer wees vir die vyf-en-twintigste beraad van die AU wat vandeesjaar in Johannesburg plaasvind.

Neem deel aan die gesprek en lewer gerus hier onder kommentaar!

L.W. U gebruik die Disqus-kommentaarafdeling op eie risiko en PRAAG, die redaksie of enige verwante persone of entiteite aanvaar geen verantwoordelikheid vir u kommentaar en watter gevolge ook al daaruit mag voortspruit nie. Terselfdertyd vereis ons dat u ter wille van beskaafdheid, redelikheid en die gerief van ander gebruikers, u sal weerhou van kwetsende taalgebruik, vloekwoorde, persoonlike aanvalle op medegebruikers, twissoekery en algemene "trol"-gedrag. Enigeen wat só 'n laspos word, sal summier verbied word en sy IP-adres sal insgelyks versper word. Ons sal ook nie huiwer om, waar nodig, kriminele klagte aanhangig te maak teen individue wat hulle aan dreigemente, teistering of intimidasie skuldig maak nie.