Nog ‘n fees wil Steve verbied

Deel op

Nog ‘n musiekfees het die sanger Steve Hofmeyr die rug toegekeer.

Die Innibos Nasionale Kunstefees het aangekondig dat Hofmeyr, wat deur talle mense as die grootste trekpleister by die fees beskou word, nie vanjaar genooi is nie.

Die besluit volg na ‘n reeks omstrede politieke uitlatings deur Hofmeyr op sosiale media. Die woordvoerder van Innibos, Sandra Jacobs sê Hofmeyr se politieke standpunte het ‘n rol gespeel.

Die Klein Karoo Nasionale Kunstefees het ook vroeër bekend gemaak dat hulle en Hofmeyr se paaie moet skei.

Intussen het ‘n Facebookgroep wat gestig is om die KKNK te boikot, sowat 36 000 stemme getrek.

Neem deel aan die gesprek en lewer gerus hier onder kommentaar!

L.W. U gebruik die Disqus-kommentaarafdeling op eie risiko en PRAAG, die redaksie of enige verwante persone of entiteite aanvaar geen verantwoordelikheid vir u kommentaar en watter gevolge ook al daaruit mag voortspruit nie. Terselfdertyd vereis ons dat u ter wille van beskaafdheid, redelikheid en die gerief van ander gebruikers, u sal weerhou van kwetsende taalgebruik, vloekwoorde, persoonlike aanvalle op medegebruikers, twissoekery en algemene "trol"-gedrag. Enigeen wat só 'n laspos word, sal summier verbied word en sy IP-adres sal insgelyks versper word. Ons sal ook nie huiwer om, waar nodig, kriminele klagte aanhangig te maak teen individue wat hulle aan dreigemente, teistering of intimidasie skuldig maak nie.