Ses swartes is dood nadat hulle in twee afsonderlike voorvalle in KwaZulu-Natal deur weerlig getref is.
Drie familielede is Saterdag dood nadat hulle naby Colenso deur weerlig getref is. Robert McKenzie, woordvoerder van die provinsiale nooddienste, het gesê ‘n ma en twee kinders is dood nadat die huis waarin hulle was deur weerlig getref is. Die vrou se man het oorleef.
Volgens McKenzie is nog drie mense dood nadat hulle vroeër Saterdagoggend deur weerlig getref is in Vryheid.
Twee vroue, tussen 70 en 80 jaar oud, en ‘n ouerige man is dood nadat die huis waarin hulle was deur weerlig getref is.
Drie ander vroue is beseer.