Duisende swart matrieks by eksamenkullery betrokke

Deel op

Meer as 2 800 meestal swart matrikulante en ten minste 34 onderwysers en skoolhoofde van KwaZulu-Natal en die Oos-Kaap was glo betrokke by grootskaalse eksamenkullery, het Sapa berig.

Elijah Mhlanga, woordvoerder van die departement van onderwys, het gesê 2 089 leerlinge van KwaZulu-Natal en 778 leerlinge van die Oos-Kaap word daarvan verdink dat hulle tydens hul 2014-matriekeksamens gekul het.

Mhlanga het gesê die uitslae van die vraestelle, wat by 19 lokale in KwaZulu-Natal en 14 lokale in die Oos-Kaap geskryf is, gaan nie bekend gestel word nie.

Die departement het oor die afgelope twee weke verskeie toesighouers en leerlinge ondervra.

“Van die betrokkenes het skriftelik erken dat hulle die vrae in ‘n sekere manier beantwoord het. Ander interessante bewerings het ook na vore gekom en die ondersoekbeamptes genoop om verder ondersoek in te stel.”

Hy het gesê daar was ‘n paar belydenisse, meestal van leerlinge, wat die ondersoekbeamptes se ondersoek versterk. “Daar is duidelike tekens dat daar gekoördineerde hulp was,” het hy gesê.

Die rede waarom die onderwysers deel van die kullery was, is nog nie vasgestel nie. ‘n Leerling het egter tydens ondervraging gesê die onderwysers is lui, en dat hulle nie altyd klas gee nie. Daar word vermoed dat die onderwysers en skoolhoofde die leerlinge gehelp het om vir die gebrek aan onderwys op te maak.

Mhlanga het gesê sommige leerlinge het tydens die eksamens hul eie oorspronklike antwoorde uitgewis en dieselfde identies verkeerde antwoorde gekies. Hy het toegegee dit is kommerwekkend dat, afgesien van die bedrog, die onderwysers skynbaar nie eens die korrekte antwoorde ken nie.

Dit is nie bekend wanneer die departement se formele verhore oor die aangeleentheid voltooi gaan wees nie. Leerlinge wat aan kullery skuldig bevind word, kan vir drie jaar verbied word om matriek te voltooi.

Neem deel aan die gesprek en lewer gerus hier onder kommentaar!

L.W. U gebruik die Disqus-kommentaarafdeling op eie risiko en PRAAG, die redaksie of enige verwante persone of entiteite aanvaar geen verantwoordelikheid vir u kommentaar en watter gevolge ook al daaruit mag voortspruit nie. Terselfdertyd vereis ons dat u ter wille van beskaafdheid, redelikheid en die gerief van ander gebruikers, u sal weerhou van kwetsende taalgebruik, vloekwoorde, persoonlike aanvalle op medegebruikers, twissoekery en algemene "trol"-gedrag. Enigeen wat só 'n laspos word, sal summier verbied word en sy IP-adres sal insgelyks versper word. Ons sal ook nie huiwer om, waar nodig, kriminele klagte aanhangig te maak teen individue wat hulle aan dreigemente, teistering of intimidasie skuldig maak nie.