Polisie skiet op Diepslootgrondbesetters

Deel op

Die Gautengse polisie moes ‘n tierend swart skare met rubberkoeëls verwilder nadat hulle probeer het om ‘n stuk grond tussen Pretoria en Johannesburg te beset.

NUUT!

A.o. Daniel Mavimbela, polisiewoordvoerder, het gesê ‘n groep van nagenoeg 100 mense het vroeër op ‘n oop stuk grond in die ooste van Diepsloot toegesak en onwettig beset.

Volgens Mavimbela het die skare toegang met brandende bande en ander voorwerpe versper en was die toestand Saterdag gespanne.

‘n Mag is in die gebied ontplooi nadat die polisie met klippe bestook is. Die skare is met rubberkoeëls verwilder.

‘n Vierjarige het ‘n besering aan sy bolyf opgedoen en is na ‘n hospitaal geneem vir behandeling en ‘n volwassene is vir openbare geweld in hegtenis geneem.

Neem deel aan die gesprek en lewer gerus hier onder kommentaar!

L.W. U gebruik die Disqus-kommentaarafdeling op eie risiko en PRAAG, die redaksie of enige verwante persone of entiteite aanvaar geen verantwoordelikheid vir u kommentaar en watter gevolge ook al daaruit mag voortspruit nie. Terselfdertyd vereis ons dat u ter wille van beskaafdheid, redelikheid en die gerief van ander gebruikers, u sal weerhou van kwetsende taalgebruik, vloekwoorde, persoonlike aanvalle op medegebruikers, twissoekery en algemene "trol"-gedrag. Enigeen wat só 'n laspos word, sal summier verbied word en sy IP-adres sal insgelyks versper word. Ons sal ook nie huiwer om, waar nodig, kriminele klagte aanhangig te maak teen individue wat hulle aan dreigemente, teistering of intimidasie skuldig maak nie.