African Bank se uitspattige baas skielik oorlede

Deel op

Omstrede voormalige hoof van risiko by African Bank, Tami Sokutu, is by sy huis in Kaapstad op die ouderdom van 53 ná ‘n kort siekbed oorlede, het die Sunday Times berig.

Sokutu, het opslae gemaak verlede jaar met sy opmerking “fok die armes” in die nasleep van die bank se probleme.

Die SA Reserwebank moes in Augustus 2014 instaan om African Bank te red, hoofsaaklik weens slegte skuld.
 
Sokutu het by dieselfde geleentheid gespog oor sy persoonlike rykdom, sy drie huise in Suid-Afrika, een in Portugal en ‘n vloot van luukse motors.

Hy is in die Sunday Times destyds aangehaal waar hy oor die bank se kliënte gesê het: “Fok hulle fok hulle”. Die bank het aan baie swartes lenings toegestaan wat nie kon bekostig om dit terug te betaal nie.
 
Hy het reeds meer as R50 miljoen in aandele-opsies en R35 miljoen aan salaris en bonusse verdien toe hy by die bank in Februarie verlede jaar bedank het.
 
Sokutu is naby Mthatha gebore. Hy het aan die Universiteit van Kaapstad studeer, en ‘n magistergraad in 1992 behaal. Hy het ook studies aan Wits Business School en Harvard voltooi.
 
Sokutu het in 2002 by African Bank aangesluit is ‘n jaar later op die direksie aangestel.
 

Neem deel aan die gesprek en lewer gerus hier onder kommentaar!

L.W. U gebruik die Disqus-kommentaarafdeling op eie risiko en PRAAG, die redaksie of enige verwante persone of entiteite aanvaar geen verantwoordelikheid vir u kommentaar en watter gevolge ook al daaruit mag voortspruit nie. Terselfdertyd vereis ons dat u ter wille van beskaafdheid, redelikheid en die gerief van ander gebruikers, u sal weerhou van kwetsende taalgebruik, vloekwoorde, persoonlike aanvalle op medegebruikers, twissoekery en algemene "trol"-gedrag. Enigeen wat só 'n laspos word, sal summier verbied word en sy IP-adres sal insgelyks versper word. Ons sal ook nie huiwer om, waar nodig, kriminele klagte aanhangig te maak teen individue wat hulle aan dreigemente, teistering of intimidasie skuldig maak nie.