Selebi was ‘n ‘galante terroris’: minister

Deel op

Die veroordeelde misdadiger en oudterroris Jackie Selebi is gister met volle eerbewys vanuit die reuse-NG Kerk Moreleta begrawe met die minister van vervoer Dipuo Peters wat sy rol in die “oorwinning oor apartheid” geloof het.

Sy het oor die omstrede polisiekommissaris wat sy bande met georganiseerde misdaad as’t ware gereklameer het, gesê: “Deur die SA Youth Congress (Sayco) was kameraad Jackie deel van al die forums van die ANC… wat die ondergang van apartheid (en die Afrikanerregering) beplan het.”

“Ek staan hier as verteenwoordiger van die jeug wat die aflosstok by Selebi oorgeneem het.”

Selebi was een van die marionette wat deur die Sweedse regering in weelde oorsee onderhou is om terreur in Suid-Afrika tydens die tagtigerjare aan te stig.

Volgens Dipuo Peters het Selebi ‘n rol daarin gespeel om te verseker dat jong swart geweldenaars in Suid-Afrika met die sogenaamde “jeug in ballingskap” saamwerk om die land op sy knieë te bring.

Sy het gespog oor die hoeveelheid geld wat die Sweedse regering, asook die Wêreldraad van Kerke, aan hul ANC-terreurgroep onder leiding van die Litaus-gebore Joe (Yossel Mashel) Slovo geskenk het. “Dit was nie kleingeld nie,” het sy in die NG Kerk Moreleta gesê. Selebi het gesorg dat die skoleboikotte in Suid-Afrika befonds en opgestook word.

“Hy was ‘n galante terroris,” het Peters gesê terwyl sy die eufemisme “vryheidsvegter” gebruik.

Selebi is op omstrede wyse uit die gevangenis op mediese parool vrygelaat, nadat hy aanvanklik op 3 Augustus 2010 tot 15 jaar tronkstraf weens korrupsie gevonnis is. Ten tye van sy dood was hy 64. Na bewering het hy aan suikersiekte en nierprobleme gely.

Onder andere het Selebi omkoopgeld van die veroordeelde misdadiger Glenn Agliotti aanvaar.

Die hoofstroommedia in die land berig vandag op ‘n kruiperige toon oor Selebi se begrafnis.

Neem deel aan die gesprek en lewer gerus hier onder kommentaar!

L.W. U gebruik die Disqus-kommentaarafdeling op eie risiko en PRAAG, die redaksie of enige verwante persone of entiteite aanvaar geen verantwoordelikheid vir u kommentaar en watter gevolge ook al daaruit mag voortspruit nie. Terselfdertyd vereis ons dat u ter wille van beskaafdheid, redelikheid en die gerief van ander gebruikers, u sal weerhou van kwetsende taalgebruik, vloekwoorde, persoonlike aanvalle op medegebruikers, twissoekery en algemene "trol"-gedrag. Enigeen wat só 'n laspos word, sal summier verbied word en sy IP-adres sal insgelyks versper word. Ons sal ook nie huiwer om, waar nodig, kriminele klagte aanhangig te maak teen individue wat hulle aan dreigemente, teistering of intimidasie skuldig maak nie.