Harry Booyens oor die AmaBhulu, die Afrikaners

Kort nadat David James Smith se boek, Young Mandela (2010), verskyn het, was dit vryelik in plaaslike boekwinkels beskikbaar. Opvallend was die gebrek aan resensies, terwyl ‘n oorvloed boekbesprekings gepubliseer word van werke waarin Nelson Mandela gunstig voorgestel word. Weens propaganda is die publiek gekondisioneer om belang te stel in Mandela as vredesikoon en versoener. Hulle hou van sy beeld as iemand wat nie ‘n vlieg skade sou aandoen nie. Die oorgrote meerderheid Suid-Afrikaners weet nie waarom Mandela tronkstraf uitgedien het nie. Smith se boek bevat daardie inligting, maar dit is nie in aanvraag nie. Die media-geskepte mite word verkies. “Oddly, no-one now seemed to remember why he had been jailed in the first place and the myth was invented that he had been jail for a quarter of a century for no good reason” (Booyens, bron hieronder, Kindle 16955). “In few areas of human endeavor is the selective blindness and deafness of Western media as vividly clear as in the matter of their treatment of Rolihlahla Mandela” (13659). Dit geld ook die plaaslike media in die nuwe Suid-Afrika. Spoedig was talle eksemplare van Young Mandela as uitgooiboeke teen afslagpryse in die boekwinkels beskikbaar.

Dan Roodt het Praag-lesers onlangs daaraan herinner dat daar geen belangstelling in die plaaslike boekhandel was om Jared Taylor se boek, White identity (2012), in voorraad te hê nie. Ilana Mercer se Into the cannibal’s pot (2011), wat groot aktualiteit vir Suid-Afrikaners het, het ek ook nog nooit in ons boekwinkels gesien nie. Ek het toevallig bewus van die bestaan van die boek op die Amazon-webwerf geword en dit bespreek (Praag 29.12.2013). Harry (Herman) Booyens (gebore in 1953) se AmaBhulu: The birth and death of the Second America (Vancouver: Cliffwood Fogge, 2013, 632p; Amazon-Kindle $13.67) is ‘n jaar na publikasie in ‘n lesersreaksie op Praag onder my aandag gebring. Dít terwyl ek probeer om goed ingelig oor nuwe boeke te wees. Hierdie slapbandboek is nie by Kalahari, ‘n Naspers-onderneming, beskikbaar nie, maar wel by Loot teen R511. Naas Kindle is ander e-formate teen billike pryse beskikbaar. Op die Amazon-webwerf is daar ‘n hele aantal resensies.

White Identity Cover

Dit lyk asof doelbewus probeer word om nie-polities korrekte literatuur uit die openbare domein te weer. Egte Afrikaners sou veel slegter daaraan toe gewees het as elektroniese publikasie nie bestaan het nie. Praag is eintlik ons enigste betroubare inligtingsbron oor bv plaasmoorde.

Die historikus Hermann Giliomee se Die Afrikaners (2003 – daar is ‘n Kindle-weergawe), ook in Engels beskikbaar, word as die standaardwerk oor hierdie onderwerp beskou. Booyens se AmaBhulu, geskryf deur ‘n “defence and aerospace physicist”, behoort myns insiens as ‘n noodsaaklike aanvulling gelees te word. Dié boek is oor ‘n tydperk van sewe jare uitstekend nagevors en gedokumenteer. Vir ‘n opsomming van die inhoud kyk www.amabhulu.com. Dié samevatting gee ‘n aanduiding van die omvang van die werk, maar lees baie oninteressanter as die teks self. In hierdie rubriek is dit uiteraard onmoontlik om reg aan alle aspekte van hierdie omvattende boek te laat geskied.

AmaBhulu verwys na die “White Tribe of Africa”, spesifiek die Afrikaners. Dié woord kom voor in die ANC se MK-lied, wat deur bv Nelson Mandela (17097) en Jacob Zuma (19299) gesing is: “We are resolved to kill the amaBhulu” (13638) of: “‘We have pledged to kill the whites’ (bulala amaBhulu) [bulala = kill, 17097] … This position of the ANC was based exclusively on a racial prejudice that simply presumes that Africa belongs to the Ba’Ntu” (14148). Wanneer haatpraakklagtes teen anti-blanke liedere gelê word, bv Jacob Zuma se geliefkoosde strydlied, “Bring me my machine gun” (18920), is die verweer egter dat hulle “just rhetoric” en “cultural heritage” is (18237).

By “Afrikaners” sluit Booyens in die Britte, bv die setlaars van 1820 en later, en ander Europeërs wat hulle met die kultuur en lot van die Afrikaners vereenselwig het. “The Brits learn reality soon enough when they actually settle in Africa” (13902). Die newetitel van die boek verwys na Thomas Pringle, die Britse vlootbevelvoerder, se opmerking in 1797 toe hy die vrees uitgespreek het dat die Kaap die “Second America” in die oë van die Britte kon word (2154). Dit slaan ook op die feit dat Suid-Afrika in die 20ste eeu vir Afrika was wat Amerika vir die wêreld was (74, 15689). Albei was in hulle konteks leidende moondhede, maar albei het sedertdien baie van hulle glans verloor. Hierdie assosiatiewe verhouding is nie vergesog nie. Reeds in 1776 het Adam Smith geskryf:

“The discovery of America, and that of the passage to the East Indies by the Cape of Good Hope, are the two greatest and most important events recorded in the history of Mankind” (33).

Wat Booyens gedoen het, was om sy en sy vrou se familiegeskiedenisse oor twaalf voorgeslagte in Europa tot selfs voor 1652 na te spoor, asook in Amerika en selfs in die Ooste, en daarna aan die Kaap en in die res van Suid-Afrika. Hierdie inligting word interessant aangebied; op so ‘n wyse dat die leser besef hierdie mense het nie in die sepia-kleurige vae verlede van ou foto’s gelewe nie, maar dat hulle almal eens as lewende mense van vlees en bloed in die helder sonlig gewandel het. Baie van hulle is uitgemoor. Die boek word opgedra aan “those many thousands who gave their lives for the Dream of Western Civilization in Africa” (32). Hierdie genealogiese inligting verskaf ‘n persoonlike, menslike dimensie aan die teks. Die hoofklem val egter op die omstandighede waarin en die gebeure waartydens hulle gelewe het. Die teks is wesenlik ‘n “350-year journey through the history of South Africa” (77).

Suid-Afrikaanse geskiedenis word verstaanbaar gemaak met verwysing na wat in bv Europa gebeur het. Dikwels is die verwysings egter ook na Amerikaanse geskiedenis. Die outeur het hom ten doel gestel om die ooreenkomste tussen Suid-Afrika en Amerika, maar ook die belangrike verskille, onder die aandag van veral Amerikaanse lesers te bring. “I am simply dumbstruck by the ignorance of the ordinary American on almost all matters outside the United States” (15480). Van deurslaggewende belang is om dit by Amerikaners tuis te bring dat inheemse swartes in Suid-Afrika, anders as in Amerika, nooit deur die blankes verslaaf is nie. Die Xhosas het wél die Fingo’s verslaaf. “They were the only indigenous nation of South Africa ever to be enslaved, and they were enslaved by their fellow black men” (4769). Die Suid-Afrikaanse blankes hoef dus sekerlik nie in dieselfde mate as die wit Amerikaners skuldig te voel en te probeer vergoed nie. In albei lande was daar bevryde slawe wat self slawe besit het. Blanke slawerny in Noord-Afrika gedurende hierdie selfde tyd word ook gerieflikheidshalwe meesal verswyg. Lees bv Giles Milton se boek, White gold: the extraordinary story of Thomas Pellow and North Africa’s one million European slaves (2004).

‘n Ander belangrike verskil tussen Suid-Afrika en Amerika is dat swartes in Afrika Afrikane is, terwyl dié in Amerika nie werklik “African-Americans”, soos hulle genoem wil wees, is nie maar “black Americans” (4567, 15506). Die verskil tussen die twee het duidelik in Liberië geblyk toe daar van 1821 af tot 1980 min assosiasie tussen en wedersydse waardering van die inheemse swartes en die swart setlaars uit Amerika was (8487, 15402). As ‘n teenhanger vir “Black Americans” noem die outeur homself ‘n “White African” (15506). Hy vind dit egter nie altyd maklik om hom met Amerikaanse swartes te vereenselwig nie. Byvoorbeeld: “We find the degree of moaning and wailing and lamenting and crying and general effusion of emotion desperately uncomfortable” (15587).

“The historic parallels between the United States and South Africa are obvious: founding by the Dutch, a company government, invasion by the British, fights for independence from an imperial master, a frontier society from all over Europe and clashes with indigenous people. However, there is one area in which they differ deeply and profoundly, and that is the matter of the relation between races … Given the deep emotions surrounding the American Civil War [1861-1865], Americans wrongly apply their historical experience in the matter of slavery to South Africa. While the abolition of slavery was the justification the Union [die noordelike state, die oorwinnaars] gave for the war, the miserable lot of the American Black people for the following hundred years hardly seemed to lend credence to the argument … the position of these people would get progressively worse … In this civil war and its aftermath in the South, we may find much of what would eventually drive the policy of the United States towards South Africa in the 20th century. While the relationship between White and Black in the United States was that of master and slave, that in South Africa was one of competing civilizations and cultures” (9161).

Die kern van hierdie standpunt word later soos volg herhaal:

“The United States is struggling with a uniquely toxic mix of ignorance, racial prejudice, and guilt. It is quite obvious that the American concept of race is one based on a history of slavery and prejudice, while the South African one is based on fear of a competing civilization and culture and centuries of armed conflict” (15495).

Dat daar groot kulturele verskille tussen wittes en swartes is, kan sonder meer aanvaar word. Ek het egter my bedenkinge as Booyens, soos pas aangehaal, in hierdie konteks meer as een keer na “competing civilizations and cultures” verwys. In die Westerse sin moet beskawing liewer nie te berde gebring word nie. Vergelyk die moord op die non Mary Aidan in Duncan Village, Oos-Londen, in 1952. Drie eeue na die landing van Jan van Riebeeck aan die Kaap is daar by daardie geleentheid kannibalisme/mensvleesetery gepleeg (12657, 12685, 14990, 15344). Dink ook aan die latere halssnoermoorde: “‘Necklacing’ is the uniquely ANC-formulated method of hanging tires around a tied victim, dousing the person in gasoline, and setting it all alight. As the victim burns to death in indescribable agony, coated in melting flaming rubber, the participants dance and ululate” (15979).

Anders as die plaaslike swartes, karakteriseer Booyens die Amerikaanse swartes as mense “who know no other language than English, have only one wife [vergelyk Jacob Zuma], no tribe, no AbaKhwetha [inisiasie-rituele], no witchdoctors, no muti and are strongly Christian … It is also clear that they are proud to be Americans and do not see white Americans as an enemy to be driven from the continent of America” (15500). Die PAC se APLA se slagspreuk, “One settler, one bullet”, is by geleentheid soos volg verduidelik:

“Any white person in South Africa was regarded as a settler and if we came across any settler during our operation, they had to be killed or injured” (17159).

“Martin Luther King had elected to work up the fervor in the United States by trying to draw inappropriate parallels between South Africa’s race problems, which were based on huge cultural differences and demographic considerations, and those of the Civil Rights Movement in the United States [in die jare vyftig en sestig], which were based on a legacy of slavery and color prejudice” (13765). Richard Nixon (die Amerikaanse president, 1969-1974) het in 1980 tereg aan die Amerikaners gesê: “We are hardly free enough of sin to cast the first stone – or even the second” (14816, 15339). Nog ‘n verskil tussen Amerika en Suid-Afrika is dat die meeste van die swart tuislande in die vrugbare, waterryke oostelike helfte van Suid-Afrika was. “Nothing kept the amaXhosa inhabitants from turning this region [die Transkei en Ciskei] into heaven on Earth, except themselves” (15165). Daarteenoor behoort Booyens die feit te beklemtoon dat die Amerikaanse reservate vir die inheemse Indiane in onherbergsame gebiede geleë is (maar hy het eintlik met die Amerikaanse swartes te make).

Wat die Britte betref, maak Booyens die treiterende rol van die sendelinge van die London Missionary Society baie duidelik, bv hulle beïnvloeding van die Britse regering (plaaslik en in Londen) ten koste van die Afrikaners, “the [first] outer wall of Western Civilization” (3443). Dié muur het in 1990/1994 geval. Israel is die “second outer wall” wat weens die ruggraatloosheid van die Weste besig is om te verkrummel (19494). “The entire Western Civilization has lost its edge and is losing its place in the world” (19499). Die invloed van die genoemde Britse sendelinge was een van die oorsake van die Groot Trek. Die trekkerleier Piet Retief het dit soos volg gestel: “We complain of the unjustifiable odium which has been cast upon us by interested and dishonest persons, under the cloak of religion, whose testimony is believed in England to the exclusion of all evidence in our favour” (5673). Die sendelinge was aanhangers van Jean-Jacques Rousseau (1712-1778) se leer van die edele barbaar. Hulle “elected to make the Cape their target for seeking their personal absolution from their nation’s sins in Africa [bv die slawehandel en slawerny] at any cost” (2789). “The true enemy of the white man in Africa was white men in Europe who lived in safety and comfort while they moralized about those of their fellow Western Christians desperately fighting for their own existence” (4918).

Booyens argumenteer selfs dat die Suid-Afrikaanse swartes “had no more in common with the black people of America than what the white people of South Africa had. In fact the whites of South Africa had more in common with Black Americans – both had slave ancestors” (11183). Daar word nie weggeskram van die geringe mate van nie-blanke bloed wat daar in Afrikaners, insluitende die outeur se voorgeslagte, is nie. Dít was eerder vanweë verhoudings met Oorsterse slawe as met die Khoi-San, omdat die kulturele gaping kleiner was. “It is a stark irony that it is the white population of South Africa that has ancestors that were slaves of the Dutch, and not the country’s black population” (852).

Die outeur se eggenote se nooiensvan is Basson. Heelwat genealogiese inligting oor die Bassons word verskaf. Ek wonder of Adriaan Basson hierdie boek sal lees. Reeds as student was hy ten gunste van die afskaling van Afrikaans as onderrigmedium aan die Universiteit Stellenbosch (Pieter Kapp, Maties en Afrikaans, Pretoria: Protea Boekhuis, 2013, p 226). Hy toon ook geen groot voorliefde vir (tradisionele) Afrikaners nie. As Basson Booyens se werk lees, kan dit hom dalk tot beter insigte bring. Hy kan dan selfs die boek hartlik by Beeld-lesers aanbeveel pleks van dit dood te swyg.

Die voetnote en bibliografie toon dat ons hier met ‘n uitmuntende wetenskaplike werk te make het. Die outeur het baie van die betrokke plekke in Europa en Suid-Afrika besoek, foto’s geneem en hulle as illustrasies gepubliseer, asook bv landkaarte. Die outeur noem homself “a bit of an artist” wat kan teken en skilder (13923). In die Kindle-weergawe kan al hierdie illustrasies skermgrootte gemaak word deur daarop te klik. Die inligting word uit die oogpunt van Afrikaners aangebied en soms met begrypbare emosie. Byvoorbeeld, oor die dood van sy Oupa Kotie Myburgh in 1969 skryf Booyens: “Forty years later I shall thank God that he did not live to see the future of his country and people” (13973). Sy benadering tas egter nie die akademies-wetenskaplike integriteit van die boek aan nie. Die outeur het bv by voorkeur bronne gebruik wat nie Afrikaner-partydig is nie. Dit is so ‘n uitsonderlik verdienstelike werk dat historiese en genealogiese verenigings verplig behoort te voel om die boek te bekroon en die outeur met toekennings te vereer.

Van landkaarte gepraat. Figuur 2-4 is ‘n belangrike landkaart (686). Dit toon dat die oostelike helfte van Suid-Afrika 350 millimeters en meer reën jaarliks ontvang en die westelike helfte minder. Swartes het hulle tradisioneel in die oostelike helfte gevestig, terwyl die Khoi-San – en van 1652 af die blankes – hulle aanvanklik in die droër westelike dele bevind het (figuur 2-5, 698; ook figuur 2-7, 741). Dieselfde feite word in talle bronne, bv met kaarte in Louis Changuion se Omstrede land (2011), gevind. Dit verhoed die ANC egter nie om telkens die leuen te verkondig dat Suid-Afrika aan die swartes behoort nie. Nelson Mandela het in 1964 aan die einde van die Rivonia-verhoor op sy kenmerkende arrogante manier gesê: “The people [swartes] would fight the white man and win back their country” (Long walk to freedom, London: Abacus, 1995, p 433). Jacob Zuma het hierdie leuen onlangs doelbewus herhaal. Die DA-bewind in die Wes-Kaap word deur hom as nie-swart regering beskou: “Die mag kan nie bly in die hande van dié wat nie die regmatige erfgename is nie. Gee dit terug vir die regmatige eienaars” (Die Burger, 7 Januarie, p 2). Booyens: “The ANC most certainly did not present to white South Africans any way to view a future” (15348).

Figuur 16-9 is ‘n foto wat die groot getal dooie Britse soldate in ‘n loopgraaf na die Slag van Spioenkop toon (9988). In die teks word beskryf hoe die Boere hierdie groot oorwinning bewerkstellig het. Ek het dié foto ook al in ander bronne gesien en dáár word ook gemeld dat dit dooie Britte en nie Boere nie is. In Rebecca West se boek, 1900 (London: Weidenfeld & Nicolson, 1996, p 10) is daar dieselfde foto, met as byskrif: “Boer dead after the fierce and confused fighting at Spion Kop, Natal, 24-5 January 1900” (p 11). Ook hier kan sommige Britte nie vertrou word nie.

British_casualties,_Spionkop,_1900
Dooie ‘Boere’ by Spioenkop. Foto: Wikipedia

Ek was altyd ‘n aktiewe leser wat elke jaar baie boeke lees. Booyens se boek is van die beste wat ek ooit gelees het. “Beste” in die sin dat dit deeglik nagevors en maklik leesbaar en interessant geskryf is; dit oor ‘n onderwerp handel waarin ek belangstel; dit my kennis en insig baie verruim het oor ‘n onderwerp waarvan ek gedink het dat ek heelwat weet, ens. Ek het bv sewe jaar lank aan die Tjoemie-rivier, ‘n tak van die Keiskamma, wat in die 19de eeu die Kaapse oosgrens was, gewoon en die geskiedenis van daardie gebied redelik goed leer ken. Maar nêrens is daardie streek se historiese omstandighede so helder onder my aandag gebring soos in Booyens se boek nie. Dieselfde geld die Groot Trek, die veldslae wat daaruit gevolg het en die twee Vryheidsoorloë wat Afrikaners teen die Britte geveg het. Veral tydens die guerrillastryd in die tweede deel van die Anglo-Boere-oorlog het die Britte onvergeeflike misdade teen die Afrikaners gepleeg. Danksy Booyens se teks is dit die eerste keer dat ek werklik verstaan waarom my ouma so sterk teen “die Engelse” gekant was.

Heelwat nuwe insigte is aan hierdie leser in die Angolese oorlog gee, danksy die outeur se grondige kennis van wapentuig en sy eerstehandse kennis van die terrein. Nêrens verdoesel hy die rol van nie-wittes nie, bv Bataljon 32 (kyk bv Piet Nortjé se uitstekende 2010-boek oor hierdie onderwerp, beskikbaar in bv ‘n Kindle-weergawe). Booyens se boek bevestig wat ek in breë trekke geweet het, vul dit aan en stel dinge in perspektief. Soms sou ek sake ietwat anders vertolk het, die klem anders geplaas het, maar dit doen nie afbreuk aan die integriteit van die skrywer en sy gesonde lojaliteit teenoor Afrikaners nie.

“Since 1814 the Afrikaner has had nowhere else to go. That was the date on which he ceased to be a ‘settler’ or a ‘colonist'” (3513). Ander bronne verskaf ‘n vroeër datum, selfs 1657 toe die eerste Vryburgers grond ontvang het. Later skryf Booyens: “There will never be a ship for us. There is no-one on Earth who will take us in. We have no friends. We are all alone. We have no other home” (14291). Vergelyk dit met bv die ANC, kommuniste en joernaliste se retoriek teen blankes of Afrikaners as kolonialiste, imperialiste, rassiste (14583) en fasciste (14762) of Nazi’s (17103).

Die Britse owerheid was geneig om partydig kant vir die nie-wittes teen die wittes te kies. Byvoorbeeld, in die 19de eeu het George Thomas Napier die Afrikaners beskou as “blood-soaked monsters who are hell bent on implementing slavery” (7693). Die outeur verwys dikwels na “a special British-designed hell” (8412; ook 10429, 10818, ens) wat vir Afrikaners geskep is. Oor die Anglo-Boere-oorlog word gesê: “While the British actively relied on the Christian decency and humane brotherliness of the Afrikaner, the Afrikaner would not be accorded the same consideration in British hands” (10298). Dink bv aan die beleid van verskroeide aarde en die konsentrasiekampe. Timothy Healy het geskryf: “I think these men seem to consider that it is better to be a Boer corpse than a British subject” (10403). “To the Afrikaner, Britain was like a disease that followed them wherever they went; the political equivalent of the Black Death with artillery and a navy” (8563).

Daarteenoor het Arthur Conan Doyle (1859-1930) van die Boere gesê: “Men whom we respected even when we fought with them” (11076). Theodore Roosevelt (die Amerikaanse president, 1901-1909) het in 1910 met verwysing na Kenia geskryf: “There could be no better pioneer settlers than Boers” (11292).

Op 2 Februarie 1990 het FW de Klerk die ontbanning van die ANC, die Suid-Afrikaanse Kommunistiese Party, ens, asook ander maatreëls, aangekondig. “They heralded the first permanent subjugation of a non-colonial Western nation to a non-Western one since the Turks were stopped at the gates of Vienna in 1688. To this moment can be traced the helpless condition of white people in South Africa in the 21st century” (16928). De Klerk het sy 1990-ommekeer ‘n “spiritual leap” (16944), pleks van ‘n dwase sprong die afgrond in, genoem. Vir sy onderhandelings met die ANC het De Klerk se keuse op die “lightweight” Roelf Meyer geval, ‘n outjie wat in die Lugmag se koor gesing en as “The Canary” bekend gestaan het (17227).

Booyens en sy gesin het in 2000 na Kanada uitgewyk. In Vancouver verlang hy na wat was. Hy verwys bv na die “much sought after flavor to South African lamb” (8342) van die Karoo en na die vrugte van die Klein Karoo: “All fruit seems to be sweeter here” (8392). Hy verwys na biltong: “the distinctly South African air dried unsmoked beef jerky that Mark Twain [1835-1910] said he loved so much” (9585). Die blanke diaspora “realized the country they had loved and built was no more. In its place was something of great evil that stalked them in their nightmares” (19373). “The loss of their country has been an exceedingly painful experience for Afrikaners. This is certainly true for those remaining in what has become the hollowed-out rotting carcass of South Africa” (19378). Die outeur is die burger van ‘n nuwe land wat hy weer “Home” kan noem (19476). Maar die gemis en opoffering is groot. Nadat reën in Kanada geval het, is daar nie ‘n reënvoël soos in Suid-Afrika nie. “For me, the loerie will never sing again” (19481).

Weens bv die ruimtebeperking is dit ongelukkig nie moontlik om in hierdie rubriek ‘n samevatting te gee van hoedanig die nuwe Suid-Afrika is nie. Booyens doen dit uitstekend. Ek gaan ook nie die spesifieke omstandighede skets wat tot Booyens se emigrasie aanleiding gegee het nie. Soos in so baie ander gevalle het dit veral om veiligheid en werksekerheid gegaan. U moet liewer die boek self lees. In sy teks skets Booyens hoe die Britte die Afrikaners tot aan die Kaapse oosgrens en in Natal, die Vrystaat en Transvaal agtervolg en uiteindelik oorwin het. Ek vind dit ironies dat die Britte die outeur tot in Kanada agtervolg het, want toe hy daar burgerskap aanvaar het, was hy verplig om trou aan die Britse koningin te sweer (19456).

Heel aan die begin word Afrika beskryf as “the continent of The Strong Man, a continent where weakness, real or perceived, means death” (129). Dit is eintlik waartoe Westerse beskawing in Suid-Afrika (grootliks) gekom het: “the country is now lost to the West … Those who remain are being systematically subjugated by a culture with a belief system that is anathema to the basic tenets and interests of Western Civilization” (69). Suid-Afrika was “the Western ‘canary in the coal mine’. Failure to learn the correct lessons from this history will doom Western Man, because South Africa was to Africa what the United States has been to the world” (74).

Daar kan redes vir die misverstaan van die geskiedenis van die Afrikaner by bv buitelandse politici en joernaliste wees, hoewel dit nie sonder moedswilligheid gebeur nie. “It would seem that the Media deems murder and torture to be wrong, but somehow attempts to rationalize it when Afrikaners are the victims” (19247). Wat onverskoonbaar is, is dat ‘n klein groepie blanke Afrikaanssprekendes (ek sal hulle nie Afrikaners noem nie), wat hierdie geskiedenis ken, uiteindelik die ondergang van hierdie trotse nasie bewimpel het. Daar is met geweldenaars, soos Nelson Mandela, wat uiteraard geweld ken, onderhandel sonder dat vereis is dat hulle geweld afsweer. Vanselfsprekend kon die sterk Suid-Afrikaanse weermag ‘n troefkaart in die hande van die blankes gewees het. De Klerk se gedrag was hoogs irrasioneel: “Instead of using his highly successful and respected army as a negotiation strength, FW sought to minimize it” (17216). Die vraag wat hom voordoen, is in hoeverre sake deur indiwidue soos George Soros, of instansies soos die Amerikaanse Central Intelligence Agency (CIA), beïnvloed is (Praag 27.10.2013). Vorentoe sal die waarheid weldra geopenbaar word. Ek bly dankbaar dat ek nie die verloëning van my mense op my gewete het nie.

Neem deel aan die gesprek en lewer gerus hier onder kommentaar!

L.W. U gebruik die Disqus-kommentaarafdeling op eie risiko en PRAAG, die redaksie of enige verwante persone of entiteite aanvaar geen verantwoordelikheid vir u kommentaar en watter gevolge ook al daaruit mag voortspruit nie. Terselfdertyd vereis ons dat u ter wille van beskaafdheid, redelikheid en die gerief van ander gebruikers, u sal weerhou van kwetsende taalgebruik, vloekwoorde, persoonlike aanvalle op medegebruikers, twissoekery en algemene "trol"-gedrag. Enigeen wat só 'n laspos word, sal summier verbied word en sy IP-adres sal insgelyks versper word. Ons sal ook nie huiwer om, waar nodig, kriminele klagte aanhangig te maak teen individue wat hulle aan dreigemente, teistering of intimidasie skuldig maak nie.