Voormalige Vlakplaas bevelvoerder Eugene de Kock sal op parool vrygelaat word, het die minister van justisie, Michael Masutha Vrydag gesê.
Die voormalige polisiekolonel, ook bekend as “Prime Evil” is deur die ANC geloof toe hy ander oud-lede daarvan beskuldig het dat hulle nie verantwoordelikheid vir apartheidsveiligheid wil neem nie. Hy het gesê oudlede het “nie die ruggraat om op te staan en verantwoordelikheid te neem nie”.
Clive Derby-Lewis, wat skuldig bevind is aan die moord op die SAKP-leier Chris Hani, sal egter nie op mediese parool vrygelaat word nie, Masutha gesê.
Die 79-jarige Derby Lewis wat longkanker het, dien lewenslange tronkstraf uit vir sy rol in die moord op Hani. Die SAKP en die Hani- familie is gekant teen die aanbeveling dat Derby-Lewis op parool vrygelaat word.
“Daar is niks om te wys dat mnr Derby-Lewis se toestand sodanig is dat hy fisies onbevoeg is nie… genoeg om sy daaglikse aktiwiteit te beperk nie.”
‘n Aanbeveling dat Derby-Lewis op mediese parool vrygelaat word, kan dus nie goedgekeur word nie, het Masutha verklaar.