News24 verhef Max tot stryder vir nuwe ANC-faksie

Deel op

Andrew Trench, hoofredakteur van News24, het die afgeleefde Boerehater Max du Preez Donderdag in verklaring geloof. “Sy reputasie vir die waarheid, sy passie vir persvryheid en sy kaliber joernalistiek maak hom een van die bestes, en presies die soort mening wat ons by News24 wil hê.”

Du Preez beskik juis nie oor enige van die bogenoemde kwaliteite nie. Hy het onlangs in ‘n onderhoud prontuit verklaar dat ondersteuners van ‘n veldtog teen plaasmoorde moet “fokof en doodgaan”.

Hy sal by News24 aansluit om ‘n weeklikse rubriek te skryf op Dinsdae.

Du Preez het gesê dit is ‘n “voorreg” om vir News24 te skryf. Hy is bekend vir sy beheptheid met die “regse wit gevaar” wat hy namens sekere rolspelers aanwend om invloed in die ANC te bekom.

Hy is kennelik aangestel om die anti-Zuma-faksie in die ANC in Gauteng by te staan, alhoewel hy tans voorgee om anti-ANC te wees.

Du Preez het onlangs uit die Independent Media-groep bedank omdat hulle nie sy kruistog teen president Jacob Zuma wou ondersteun nie. Hy het gesê die maatskappy het ‘n verskoning gepubliseer na een van sy rubrieke om in Zuma se goeie boekies te bly.

Die presidensie het die rubriek as “rassisties” beskryf. “Die stuk getuig van vooroordeel en rassisme gegewe die wyse waarop mnr. Du Preez die president beskryf het.”

Du Preez het voorheen aan die Noord-Kaapse Rooivleisprodusente-organisasie se kongres in Kimberley gesê sake sal eers begin verbeter wanneer Zuma nie meer president is nie. Zuma kan teen 2017 uit die kussings gelig word.

Hy het gesê dat die ANC-regering onder pres. Jacob Zuma het met die aanstelling van Senzeni Zokwana as landbouminister en Gugile Nkwinti se heraanstelling as grondsake-minister gewys hulle is “nie ernstig oor landbou en grondhervorming nie”.

Andrew Trench wat toegesien het dat The Witness in Durban sluit, is glo aangestel as redakteur van News24.com deur die toedoen van ANC-sikofant Jannie Momberg, wat in beheer van Nuus24 se Afrika-bedrywighede staan.

Geoff Cohen is die algemene bestuurder van 24.com, Afrika se grootste aanlynplatform en die tuiste van News24.

Neem deel aan die gesprek en lewer gerus hier onder kommentaar!

L.W. U gebruik die Disqus-kommentaarafdeling op eie risiko en PRAAG, die redaksie of enige verwante persone of entiteite aanvaar geen verantwoordelikheid vir u kommentaar en watter gevolge ook al daaruit mag voortspruit nie. Terselfdertyd vereis ons dat u ter wille van beskaafdheid, redelikheid en die gerief van ander gebruikers, u sal weerhou van kwetsende taalgebruik, vloekwoorde, persoonlike aanvalle op medegebruikers, twissoekery en algemene "trol"-gedrag. Enigeen wat só 'n laspos word, sal summier verbied word en sy IP-adres sal insgelyks versper word. Ons sal ook nie huiwer om, waar nodig, kriminele klagte aanhangig te maak teen individue wat hulle aan dreigemente, teistering of intimidasie skuldig maak nie.