Plaaswag-eienaar kry swaarste vonnis

Deel op

Rudolf Struwig (51), eienaar van ʼn plaaswagonderneming, is Donderdag in die Pietermaritzburg hooggeregshof twee keer lewenslank gevonnis vir die moorde op twee swart plaaswerkers.

Die swart werkers was glo “moeilikheidmakers”. Regter Igna Stretch het die swaarste vonnis oor Struwig uitgespreek.

Trevor Ndlovu is in Junie 2004 in Howick geskiet en is weke later in ‘n hospitaal in Pietermaritzburg dood. Mandla Masango is in Oktober 2004 op ‘n Balgowan-plaas doodgeskiet.

Die huurmoordenaar Lucky Mlangeni het in 2009 skuldig gepleit op albei moorde en is tot lewenslange tronkstraf gevonnis. Hy het in die Struwig-saak vir die staat getuig.

Stretch het gesê daar is geen oortuigende redes waarom Struwig nie die voorgeskrewe vonnisse opgelê moet word nie. Sy het gesê vergelding en straf moet voorrang geniet oor sy rehabilitasie omdat hy nie berou toon nie.

Sy het bevind Struwig was die middelman vir boere wat van die slagoffers ontslae wou raak.

Struwig het skuld ontken.

Neem deel aan die gesprek en lewer gerus hier onder kommentaar!

L.W. U gebruik die Disqus-kommentaarafdeling op eie risiko en PRAAG, die redaksie of enige verwante persone of entiteite aanvaar geen verantwoordelikheid vir u kommentaar en watter gevolge ook al daaruit mag voortspruit nie. Terselfdertyd vereis ons dat u ter wille van beskaafdheid, redelikheid en die gerief van ander gebruikers, u sal weerhou van kwetsende taalgebruik, vloekwoorde, persoonlike aanvalle op medegebruikers, twissoekery en algemene "trol"-gedrag. Enigeen wat só 'n laspos word, sal summier verbied word en sy IP-adres sal insgelyks versper word. Ons sal ook nie huiwer om, waar nodig, kriminele klagte aanhangig te maak teen individue wat hulle aan dreigemente, teistering of intimidasie skuldig maak nie.