ANC ignoreer AgriSA oor grondplafon

Deel op

Agri SA sê hulle is “teleurgesteld” met die ANC se aankondiging dat ‘n grondplafon-plan ingestel gaan word om grondbesit tot een of twee plase van altesaam 12 000 hektaar te beperk.

Agri SA se adjunkpresident, Dan Kriek, sê dit is onverstaanbaar waarom hierdie aankondiging gedoen is, terwyl landbourolspelers vroeër tot Maart tyd gegee is om insette hieroor te lewer.

Hy sê die grondplafon-plan strook ook nie met die model in die Nasionale Ontwikkelingsplan waarvolgens groter boere sal help om nuwe boere te vestig nie.

Dit is nie duidelik of die ANC intussen afgesien het van dié grondhervormingsmodel nie.

Kriek sê Agri SA het destyds in grondsakeminister Gugile Nkwinti se Nasionale Verwysingsgroep, Nareg, standpunt ingeneem dat grondplafonne nie kan werk nie.

Die grondplafon-aankondiging is ook onverstaanbaar in die lig van Agri SA se raamwerkvoorstelle vir sinvolle grondhervorming wat verlede jaar op die Agri SA-kongres deur Nkwinti verwelkom en aanvaar is en waaroor daar steeds samesprekings is, sê Kriek.

Die Amerikaanse miljardêr Bill Gates, is een van die voorstanders van kleinskaalse boerdery in Afrika.

Neem deel aan die gesprek en lewer gerus hier onder kommentaar!

L.W. U gebruik die Disqus-kommentaarafdeling op eie risiko en PRAAG, die redaksie of enige verwante persone of entiteite aanvaar geen verantwoordelikheid vir u kommentaar en watter gevolge ook al daaruit mag voortspruit nie. Terselfdertyd vereis ons dat u ter wille van beskaafdheid, redelikheid en die gerief van ander gebruikers, u sal weerhou van kwetsende taalgebruik, vloekwoorde, persoonlike aanvalle op medegebruikers, twissoekery en algemene "trol"-gedrag. Enigeen wat só 'n laspos word, sal summier verbied word en sy IP-adres sal insgelyks versper word. Ons sal ook nie huiwer om, waar nodig, kriminele klagte aanhangig te maak teen individue wat hulle aan dreigemente, teistering of intimidasie skuldig maak nie.