CDL en twee ander hoor vandag oor parool

Deel op

Die voormalige Vlakplaas-bevelvoerder Eugene de Kock en ‘n voormalige BSB-agent Ferdi Barnard, sowel as Clive Derby Lewis sal vandag weet of hulle op parool vrygelaat gaan word, het RSG berig.

Die Minister van Justisie en Korrektiewe Dienste, Micheal Masutha sal vanoggend aankondig of die 79-jarige Derby-Lewis se aansoek om mediese parool toegestaan word.

Hy sal ‘n aankondiging maak oor die ander twee se parool-aansoeke.

Neem deel aan die gesprek en lewer gerus hier onder kommentaar!

L.W. U gebruik die Disqus-kommentaarafdeling op eie risiko en PRAAG, die redaksie of enige verwante persone of entiteite aanvaar geen verantwoordelikheid vir u kommentaar en watter gevolge ook al daaruit mag voortspruit nie. Terselfdertyd vereis ons dat u ter wille van beskaafdheid, redelikheid en die gerief van ander gebruikers, u sal weerhou van kwetsende taalgebruik, vloekwoorde, persoonlike aanvalle op medegebruikers, twissoekery en algemene "trol"-gedrag. Enigeen wat só 'n laspos word, sal summier verbied word en sy IP-adres sal insgelyks versper word. Ons sal ook nie huiwer om, waar nodig, kriminele klagte aanhangig te maak teen individue wat hulle aan dreigemente, teistering of intimidasie skuldig maak nie.