Biltong is ‘n ekonomiese bielie

Deel op

Biltong beteken vir die Suid-Afrikaanse ekonomie jaarliks meer as R2,5 miljard.

Dit blyk uit navorsing deur die Noordwes-Universiteit.

Melville Saayman sê die studie het die gewildheid en waarde van biltong en wildsvleis probeer bepaal.

Vyf-en-dertig persent van die respondente het aangedui dat kudu die gewildste wildsvleis is, gevolg deur springbok, impala, eland, wildebees, blesbok en volstruis.

Gemsbok was vir vyf persent van die deelnemers aan die studie die gewildste en vlakvark, vir slegs een persent.

Saayman sê dit is nou tyd vir biltong om ‘n rolspeler in die internasionale mark te word.

Neem deel aan die gesprek en lewer gerus hier onder kommentaar!

L.W. U gebruik die Disqus-kommentaarafdeling op eie risiko en PRAAG, die redaksie of enige verwante persone of entiteite aanvaar geen verantwoordelikheid vir u kommentaar en watter gevolge ook al daaruit mag voortspruit nie. Terselfdertyd vereis ons dat u ter wille van beskaafdheid, redelikheid en die gerief van ander gebruikers, u sal weerhou van kwetsende taalgebruik, vloekwoorde, persoonlike aanvalle op medegebruikers, twissoekery en algemene "trol"-gedrag. Enigeen wat só 'n laspos word, sal summier verbied word en sy IP-adres sal insgelyks versper word. Ons sal ook nie huiwer om, waar nodig, kriminele klagte aanhangig te maak teen individue wat hulle aan dreigemente, teistering of intimidasie skuldig maak nie.