Lae oliepryse knou Sasol se Amerikaanse projek

Deel op

Sasol het besluit om ‘n beplande gas-tot-brandstofaanleg in Louisiana, Amerika, uit te stel genoop deur lae oliepryse.

Sasol het ‘n omvattende plan aangekondig om kapitaalbesteding in te kort in reaksie op dalende internasionale oliepryse. Sy aandeelprys het intussen skerp geval.

Alhoewel die maatskappy brandstof uit goedkoop plaaslike steenkool vervaardig, word die brandstof verkoop teen staatsgereguleerde invoerpariteitstariewe wat op internasionale brandstofpryse geskoei is en dus die wins van die maatskappy negatief raak in ‘n klimaat waar pryse daal.

Sasol sal oor die volgende 30 maande kapitaalbesteding inkort, bedryfskapitaal slimmer aanwend, en vaste kostes beperk.

Sasol sê die besparings is bo en behalwe die minstens R4 miljard se besparingsmaatreëls teen 2016 na herstrukturering van sake-eenhede voltooi is.

Die maatskappy gaan egter voort met die bou van ‘n nuwe chemiese aanleg in Louisiana.

Die maatskappy sal meer besonderhede oor sy kontantplan beskikbaar stel in sy halfjaarresultate op 9 Maart.

Neem deel aan die gesprek en lewer gerus hier onder kommentaar!

L.W. U gebruik die Disqus-kommentaarafdeling op eie risiko en PRAAG, die redaksie of enige verwante persone of entiteite aanvaar geen verantwoordelikheid vir u kommentaar en watter gevolge ook al daaruit mag voortspruit nie. Terselfdertyd vereis ons dat u ter wille van beskaafdheid, redelikheid en die gerief van ander gebruikers, u sal weerhou van kwetsende taalgebruik, vloekwoorde, persoonlike aanvalle op medegebruikers, twissoekery en algemene "trol"-gedrag. Enigeen wat só 'n laspos word, sal summier verbied word en sy IP-adres sal insgelyks versper word. Ons sal ook nie huiwer om, waar nodig, kriminele klagte aanhangig te maak teen individue wat hulle aan dreigemente, teistering of intimidasie skuldig maak nie.