Plaasaanvallers gefnuik

Deel op

Vyf verdagtes van Potchefstroom in Noordwes sal vandag in die plaaslike landdroshof verskyn nadat hulle ‘n plaashuis by Viljoenskroon in die Vrystaat wou aanval.

Die boosdoeners is egter in hul spore gestuit.

Polisiewoordvoerder in die Vrystaat, Thabo Litabe, sê die polisie het inligting ontvang dat die vermeende plaasaanvallers, tussen die ouderdomme van 21 en 39, vandag ‘n plaas sou aanval, maar die polisie het nie geweet waar presies nie.

Volgens Litabe is polisielede op verskeie plekke tussen Potchefstroom en Viljoenskroon ontplooi.

Vuurwapens en ‘n huisplan is in die verdagtes se motor buite ‘n kroeg gevind.

Die polisie kon later vasstel waar die plaashuis geleë is. Die verdagtes sal op aanklagte van die onwettige besit van vuurwapens en sameswering tot huisbraak verskyn.

Neem deel aan die gesprek en lewer gerus hier onder kommentaar!

L.W. U gebruik die Disqus-kommentaarafdeling op eie risiko en PRAAG, die redaksie of enige verwante persone of entiteite aanvaar geen verantwoordelikheid vir u kommentaar en watter gevolge ook al daaruit mag voortspruit nie. Terselfdertyd vereis ons dat u ter wille van beskaafdheid, redelikheid en die gerief van ander gebruikers, u sal weerhou van kwetsende taalgebruik, vloekwoorde, persoonlike aanvalle op medegebruikers, twissoekery en algemene "trol"-gedrag. Enigeen wat só 'n laspos word, sal summier verbied word en sy IP-adres sal insgelyks versper word. Ons sal ook nie huiwer om, waar nodig, kriminele klagte aanhangig te maak teen individue wat hulle aan dreigemente, teistering of intimidasie skuldig maak nie.