Misdadigers buit SA se kragkrisis uit

Deel op

Die ANC se sekretaris-generaal, Gwede Mantashe, sê die regering oorweeg alternatiewe bronne van energie om Suid-Afrika se huidige energiekrisis die hoof te bied.

NUUT!

Die voortgesette kragkrisis in Suid-Afrika lei tot al meer kommer oor veiligheid omdat misdadigers die situasie uitbuit.

Volgens inligting monitor misdadigers die beurtkrag-skedules en weet dan watter gebiede geteiken kan word. Die geskeduleerde beurtkrag duur gewoonlik sowat twee ure per keer.

Diegene wie se huisalarms nie ‘n batterystelsel het nie, word die meeste blootgestel indien daar ‘n kragonderbreking is.

Hy het tydens ‘n mediavoorligtingsessie in Pretoria na die driedaagse vergadering van die ANC se Nasionale Uitvoerende Komitee die afgelope week gesê buurstate soos Mosambiek sal genader word vir kragvoorsiening.

Hy het ook gesê die NUK het die regering gevra om dringend in te gryp om Eskom te help om sy kragstasies vinniger te bou.

Eskom het intussen aangekondig dat beurtkrag vroeër as beplan gestaak is omdat die vraag na krag laer was as wat verwag is.

Mantashe het gesê hernieubare energie behoort aan die hoofnetwerk gekoppel te word.

Mantashe, het ook gesê die regering moet ‘n vaardigheidsoudit in plaaslike regerings doen om diegene te verwyder wat poste beklee waarvoor hulle nie gekwalifiseerd is nie.

Hy het gesê geskoolde en gekwalifiseerde mense word dringend benodig om te verseker dat plaaslike regering basiese dienste doeltreffend kan lewer.

Versekeraars het ‘n beroep op mense gedoen om hulle alarmstelsels na te gaan en so ook hul korttermynversekeringsdekking.

Neem deel aan die gesprek en lewer gerus hier onder kommentaar!

L.W. U gebruik die Disqus-kommentaarafdeling op eie risiko en PRAAG, die redaksie of enige verwante persone of entiteite aanvaar geen verantwoordelikheid vir u kommentaar en watter gevolge ook al daaruit mag voortspruit nie. Terselfdertyd vereis ons dat u ter wille van beskaafdheid, redelikheid en die gerief van ander gebruikers, u sal weerhou van kwetsende taalgebruik, vloekwoorde, persoonlike aanvalle op medegebruikers, twissoekery en algemene "trol"-gedrag. Enigeen wat só 'n laspos word, sal summier verbied word en sy IP-adres sal insgelyks versper word. Ons sal ook nie huiwer om, waar nodig, kriminele klagte aanhangig te maak teen individue wat hulle aan dreigemente, teistering of intimidasie skuldig maak nie.