Reserwebank sal glo repokoers neutraal hou

Deel op

Ekonome verwag dat die Reserwebank se Monitêre Beleidskomitee die repokoers onveranderd op 5,75 persent sal laat, het RSG berig.

Die komitee sal dit vanmiddag by sy eerste vergadering vir die jaar bekendmaak. Daar word oor ‘n wye front verwag dat die rentekoers sal styg.

‘n Ekonoom by Investment Solutions, Chris Hart, sê egter in die huidige omstandighede kan die bank dalk sy monetêre beleid neutraal hou.

Hy sê die bank kan moontlik aandui dat daar verlagings in die toekoms kan wees óf dat die koers onveranderd gelaat sal word.

Neem deel aan die gesprek en lewer gerus hier onder kommentaar!

L.W. U gebruik die Disqus-kommentaarafdeling op eie risiko en PRAAG, die redaksie of enige verwante persone of entiteite aanvaar geen verantwoordelikheid vir u kommentaar en watter gevolge ook al daaruit mag voortspruit nie. Terselfdertyd vereis ons dat u ter wille van beskaafdheid, redelikheid en die gerief van ander gebruikers, u sal weerhou van kwetsende taalgebruik, vloekwoorde, persoonlike aanvalle op medegebruikers, twissoekery en algemene "trol"-gedrag. Enigeen wat só 'n laspos word, sal summier verbied word en sy IP-adres sal insgelyks versper word. Ons sal ook nie huiwer om, waar nodig, kriminele klagte aanhangig te maak teen individue wat hulle aan dreigemente, teistering of intimidasie skuldig maak nie.