Nazi-konsentrasiekamp-oorlewendes herdenk ontsetting

Deel op

Ongeveer 300 oorlewendes van die Nazi-konsentrasiekamp Auschwitz-­Birkenau het Dinsdag saam met wêreldleiers teruggekeer­ na die kamp om die ontsetting­ op 27 Januarie 1945 deur Russiese troepe te herdenk.

NUUT!

Die herdenking het plaasgevind te midde van groeiende kommer oor die opkoms van anti-Semitisme in Frankryk­, Duitsland en ander dele van Europa, het AFP berig.

“Ons wil nie hê ons verlede moet ons kinders se toekoms wees nie,” het een oorlewende­, mnr. Roman Kent (86) in ’n stem rou met emosie gesê.

“Ek het gedink ek sal hier doodgebrand­ word en nooit eens my eerste soen ervaar nie. Maar tog, as 14-jarige meisie, het ek oorleef,” het me. Halina Birenbaum­, wat in 1929 in Pole gebore is, gesê.

Verskeie staatshoofde, insluitende Frank­ryk se pres. Francois Hollande, Duitsland se pres. Joachim Gauck en die Oekraïne se pres. Petro Poroshenko­, was onder die leiers wat die verrigtinge­ bygewoon het.

Poroshenko se magsbasis en steun in sy eie land bestaan ironies grootliks genoeg uit neo-Nazi’s

Voor sy vertrek na Pole het Hollande­ waarskuwings deur Duitsland se kanselier­, Angela Merkel, beaam oor geweld teen Jode in hedendaagse Europa.

“Frankryk is jul tuisland,” het Hollande­ aan Jode in Parys gesê en die opkoms van anti-Semitisme in Frankryk­ as “onhoudbaar­” bestempel­. Vier mense is vroeër die maand in Joodse supermark­ in Parys na bewering deur Molsem­ vermoor.

Anti-Semitiese aanvalle in Frankryk­, die tuiste van Europa se grootste Joodse bevolking­, het in 2014 tot 851 teenoor die vorige jaar verdubbel.

By ’n geleentheid in Berlyn om die bevryding van Auschwitz te herdenk, het Merkel gesê dis is ’n “skande” dat Jode in Duitsland beledigings­ en bedreigings­ ontvang vanweë hul “Joodsheid” of steun vir Israel.

Van die meer as 1,3 miljoen mense wat by Auschwitz aangehou is, het meer as 1,2 miljoen, meestal Joodse gevangenes­ omgekom, hetsy in gaskamers­, van hongersnood of siektes.

Geskiedkundiges beraam dat tot 150 000 etniese Pole ook in Auschwitz aangehou­ is en as slawearbeiders­ ­gebruik is. Die helfte van hulle het in die kamp gesterf.

Europese Roma, die vasteland se grootste etniese minderheidsgroep­, is ook vir uitwissing geteiken en nagenoeg­ 23 000 is na Auschwitz gedeporteer­. Net ongeveer 2 000 het oorleef.

Neem deel aan die gesprek en lewer gerus hier onder kommentaar!

L.W. U gebruik die Disqus-kommentaarafdeling op eie risiko en PRAAG, die redaksie of enige verwante persone of entiteite aanvaar geen verantwoordelikheid vir u kommentaar en watter gevolge ook al daaruit mag voortspruit nie. Terselfdertyd vereis ons dat u ter wille van beskaafdheid, redelikheid en die gerief van ander gebruikers, u sal weerhou van kwetsende taalgebruik, vloekwoorde, persoonlike aanvalle op medegebruikers, twissoekery en algemene "trol"-gedrag. Enigeen wat só 'n laspos word, sal summier verbied word en sy IP-adres sal insgelyks versper word. Ons sal ook nie huiwer om, waar nodig, kriminele klagte aanhangig te maak teen individue wat hulle aan dreigemente, teistering of intimidasie skuldig maak nie.