SA se ‘huursoldate’ teen Boko Haram in die sop

Deel op

Die minister van verdediging, Nosiviwe Mapisa-Nqakula, het gesê Suid-Afrikaners wat die Nigeriese weermag gaan help om die terreurgroep Boko Haram uit te roei, behoort in hegtenis geneem te word met hul terugkeer, het Beeld berig.

Mapisa-Nqakula het op die vooraand van die Afrika-Unie (AU) se spitsberaad in Ethiopië aan verslaggewers gesê die groep kwalifiseer as “huursoldate”.

Beeld het vroeër berig dat oudsoldate van die Suid-Afrikaanse weermag deel is van ʼn multinasionale span militêre kundiges wat op pad is na Nigerië.

“Daar is gevolge wanneer iemand die land verlaat en enige vorm van militêre bystand lewer wat nie deel van die regering se ontplooiing is nie,” het Mapisa-Nqakula gesê.

Sy het ‘n beroep gedoen op die polisie en die vervolgingsgesag om ‘n voorbeeld van die groep te maak deur hulle ingevolge die Wet op Buitelandse Militêre Hulp aan te kla.

Die leier van die groep kundiges het gesê hulle is nie huursoldate nie, maar dat hulle het kontraktuele verpligtinge om opleiding vir die Nigeriese regering te behartig.

Mapisa-Nqakula het gesê geen lede van die Suid-Afrikaanse Nasionale Weermag is na Nigerië ontplooi nie en Suid-Afrika het nie ‘n amptelike versoek vir bystand of wapens gekry nie.

Maite Nkoana-Mashabane, minister van internasionale betrekkinge en samewerking, het Dinsdag haar teleurstelling uitgespreek oor die Suid-Afrikaners se betrokkenheid.

Neem deel aan die gesprek en lewer gerus hier onder kommentaar!

L.W. U gebruik die Disqus-kommentaarafdeling op eie risiko en PRAAG, die redaksie of enige verwante persone of entiteite aanvaar geen verantwoordelikheid vir u kommentaar en watter gevolge ook al daaruit mag voortspruit nie. Terselfdertyd vereis ons dat u ter wille van beskaafdheid, redelikheid en die gerief van ander gebruikers, u sal weerhou van kwetsende taalgebruik, vloekwoorde, persoonlike aanvalle op medegebruikers, twissoekery en algemene "trol"-gedrag. Enigeen wat só 'n laspos word, sal summier verbied word en sy IP-adres sal insgelyks versper word. Ons sal ook nie huiwer om, waar nodig, kriminele klagte aanhangig te maak teen individue wat hulle aan dreigemente, teistering of intimidasie skuldig maak nie.