Die polisie kon nie berigte bevestig dat die drie lede van een gesin wat gister in die De Zalze landgoed in Stellenbosch in die Wes-Kaap vermoor is, met ‘n byl aangeval is nie.
Internasionale sakeman Martin van Breda, 54, sy vrou Teresa, 55, en hul 22-jarige seun, Rudi, is Dinsdagoggend in hul huis in die luukse gholflandgoed De Zalze buite Stellenbosch in die Wes-Kaap vermoor.
Lt.kol. Andrè Traut, woordvoerder van die polisie, het die moorde bevestig.
Volgens Traut is die ouerpaar se ander twee kinders, ‘n 16-jarige dogter en 20-jarige seun, glo tydens die aanval beseer en is hulle na ‘n nabygeleë hospitaal geneem vir verdere behandeling.
Traut het gesê die polisie ondersoek ‘n saak van moord en dat niemand nog in hegtenis geneem is in verband met die voorval nie.
Die polisie het ook berigte ontken dat ‘n jong man in sy vroeë twintiger-jare vir ondervraging ingeneem is.
Die polisiewoordvoerder, André Traut sê die ondersoek na die drie-dubbele moord gaan voort en dat hulle nie oor die motief kan bespiegel nie.
Die 20-jaar-oue seun, Henri, is glo deur die polisie vir ondervraging ingeneem het ‘n bediende wat by die bure werk, gesê.
“[Henri] kon nie ernstig beseer gewees het nie omdat hy kon loop. Ek het dit self gesien,” het Eben Potgieter, voorsitter van die landgoed se huiseienaarsvereniging gesê.