Griekse vegvliegtuig ploeg in ander vliegtuie in

Deel op

‘n Vegvliegtuig van die Griekse lugmag het neergestort tydens ’n oefening­ van die Noord-Atlantiese­ Verdragsorganisasie (Navo) in die suidooste van Spanje waarin minstens 10 mense omgekom het.

Twee Griekse F-16’s het aan dié oefening deelgeneem waarby Brittanje­, die VSA, België, Spanje, Italië en Duitsland­ ook betrokke was.

Die vliegtuig in ander vliegtuie wat gereed gemaak het om op te styg, ingeploeg wat tot verskeie ontploffings gelei het en vegvliegtuie op die grond in vlamme gehul het.

Die ongeluk het naby die stad Albacete­ gebeur en na wat berig word, is 20 ander mense in die voorval beseer.
Twee Griekse vlieëniers en agt Franse soldate het omgekom. Die beseerdes is hoofsaaklik Franse en Italiaanse­ soldate.

Genl. Jens Stoltenberg, sekretaris-generaal­ van Navo, het die ongeluk in ’n verklaring as ’n “tragedie wat die hele Navo-familie raak” beskryf.

Neem deel aan die gesprek en lewer gerus hier onder kommentaar!

L.W. U gebruik die Disqus-kommentaarafdeling op eie risiko en PRAAG, die redaksie of enige verwante persone of entiteite aanvaar geen verantwoordelikheid vir u kommentaar en watter gevolge ook al daaruit mag voortspruit nie. Terselfdertyd vereis ons dat u ter wille van beskaafdheid, redelikheid en die gerief van ander gebruikers, u sal weerhou van kwetsende taalgebruik, vloekwoorde, persoonlike aanvalle op medegebruikers, twissoekery en algemene "trol"-gedrag. Enigeen wat só 'n laspos word, sal summier verbied word en sy IP-adres sal insgelyks versper word. Ons sal ook nie huiwer om, waar nodig, kriminele klagte aanhangig te maak teen individue wat hulle aan dreigemente, teistering of intimidasie skuldig maak nie.