NY lamgelê na burgemeester paniek saai oor weer

Deel op

‘n Hewige sneeustorm het miljoene mense in die noordooste­ van die VSA geraak en ‘n noodtoestand­ is onder­ meer in New Jersey, Connecticut­, Massachusetts­ and dele van die staat New York afgekondig­.

Bill de Blasio, die omstrede burgemeester van New York, het inwoners vroeër gewaarsku om gereed te maak “vir iets wat erger is as wat hulle nog ooit beleef het”.

“Hierdie kan die grootste sneeustorm wees wat New York tot nog toe beleef het,” het De Blasio gewaarsku voordat hy die hele stad met drakoniese maatreëls lamgelê het.

Die Amerikaanse Nasionale Weerdiens (NWS) het intussen erken dat sy voorspellings verkeerd was, na die voorspelling van ‘n “potensieel historiese sneeustorm”.

Die storm het diep sneeu in Connecticut en Massachusetts veroorsaak, maar New York City is grootliks gespaar.

De Blasio, het die paniek wat hy gesaai het, verdedig en gesê dat hy te midde van waarskuwings nie oorgereageer het nie.

Hy beweer hy het net op die beskikbare inligting gereageer. Sneeu van tot 75 cm diep is voorspel. Hy het die strate laat sluit sowel as die ondergrondse openbare vervoer.

Dit is die eerste keer in die stad se geskiedenis dat sulke drastiese stappe geneem is. Inwoners het hul burgemeester se swak oordeelsvermoeë bevraagteken en gesê hulle is gewoond aan dié soort weer en dat die storm niks uitsonderliks was nie.

New York se strate was verlate nadat alle trein- en busdienste voorlopig opgeskor­t is.

Neem deel aan die gesprek en lewer gerus hier onder kommentaar!

L.W. U gebruik die Disqus-kommentaarafdeling op eie risiko en PRAAG, die redaksie of enige verwante persone of entiteite aanvaar geen verantwoordelikheid vir u kommentaar en watter gevolge ook al daaruit mag voortspruit nie. Terselfdertyd vereis ons dat u ter wille van beskaafdheid, redelikheid en die gerief van ander gebruikers, u sal weerhou van kwetsende taalgebruik, vloekwoorde, persoonlike aanvalle op medegebruikers, twissoekery en algemene "trol"-gedrag. Enigeen wat só 'n laspos word, sal summier verbied word en sy IP-adres sal insgelyks versper word. Ons sal ook nie huiwer om, waar nodig, kriminele klagte aanhangig te maak teen individue wat hulle aan dreigemente, teistering of intimidasie skuldig maak nie.