Die politieke gevangene, Clive Derby-Lewis, se regsverteenwoordiger sal na verwagting vanoggend in Pretoria ‘n aankondiging doen oor sy aansoek om mediese parool.
Die onskuldige slagoffer van die moordaanslag deur ‘n Pool, Janusz Walus op die SAKP-leier, Chris Hani, is die afgelope meer as 20 jaar reeds in die tronk nadat hy deur “gratis regshulp” aangeraai is om nie te getuig om sy onskuld te bewys nie.
Derby-Lewis het verskeie kere onsuksesvol om parool aansoek gedoen. Hy ly ondermeer aan kanker en is reeds twee keer in die tronk aangeval.
Verlede maand het die Hooggeregshof in Pretoria beslis dat die mediese paroolraad Derby-Lewis se regspan teen Saterdag oor sy beslissing moet inlig.
Sy regsverteenwoordiger, Marius Coertze, sê hy het intussen die nodige dokumente van die raad ontvang.