Polisie by nóg plundery betrek

Deel op

Aanvalle op buitelanders het na die Noord-Kaap en KwaZulu-Natal versprei waarby polisiebeamptes in sekere gevalle ook betrek word.

Die polisie het glo aan die plundering van buitelanders se winkels in die Noord-Kaap meegewerk.

Twee polisiebeamptes en ‘n polisiereservis is in verband met die gewapende roof van ‘n Somaliese winkel in Kimberley in hegtenis geneem.

Minstens een polisieman is verfilm waar hy verlede week aan die plundery in Soweto deelgeneem het, terwyl die Metropolisie ook verfilm is terwyl hulle in die hitte van aanvalle op spazawinkels nie ‘n vinger lig nie en verveeld toekyk.

Plundery is nou in die Oos-en Wes-Rand, sowel as Alexandra in Sandton, Langlaagte, suid van Johannesburg en op Inanda buite Durban aangemeld.

‘n Noord-Kaapse polisiewoordvoerder, Marriam Mochologi-Maleme, sê hulle beskou die polisie se optrede as ‘n misdaad. Sy het gesê hulle is in hegtenis geneem en sal binnekort in die hof verskyn.

Neem deel aan die gesprek en lewer gerus hier onder kommentaar!

L.W. U gebruik die Disqus-kommentaarafdeling op eie risiko en PRAAG, die redaksie of enige verwante persone of entiteite aanvaar geen verantwoordelikheid vir u kommentaar en watter gevolge ook al daaruit mag voortspruit nie. Terselfdertyd vereis ons dat u ter wille van beskaafdheid, redelikheid en die gerief van ander gebruikers, u sal weerhou van kwetsende taalgebruik, vloekwoorde, persoonlike aanvalle op medegebruikers, twissoekery en algemene "trol"-gedrag. Enigeen wat só 'n laspos word, sal summier verbied word en sy IP-adres sal insgelyks versper word. Ons sal ook nie huiwer om, waar nodig, kriminele klagte aanhangig te maak teen individue wat hulle aan dreigemente, teistering of intimidasie skuldig maak nie.