SOE-hoof wat Zuma kwytskeld, bedank

Deel op

Die Presidensie het bevestig dat hy die hoof van die Spesiale Ondersoek-Eenheid, Vas Soni, se bedanking ontvang het.

Terwyl Soni aan die hoof van die Spesiale Ondersoekeenheid was het die eenheid die President kwytgeskeld van oorbesteding by sy privaatwoning in Nklandla.

President Jacob Zuma sê in ‘n verklaring dat hy Soni se bedanking aanvaar, maar dat dit ‘n verlies is omdat Soni goeie werk gedoen het. Soni is in Augustus 2013 deur President Zuma aangestel.

Hy het Maandag aangekondig dat hy bedank om meer tyd saam met sy vrou, wat siek is, deur te bring. Zuma het Soni en sy vrou sterkte toegewens.

Volgens Zuma het Soni die Ondersoekeenheid verander in ‘n effektiewe instrument in die stryd teen wanadministrasie en korrupsie.

Soni het gesê sy werk was baie stresvol. “Ek dink dit was stresvol en dit is ‘n ernstige uitdaging … Ek het amper my hele loopbaan in die private sektor spandeer en het nie besef wat ‘n uitdaging dit is om in die openbare sektor te werk nie,” het hy in ‘n onderhoud met eNCA gesê.

Soni het aangedui dat hy weer in die private sektor sal werk. Hy het vroeër gesê korrupsie en wanadministrasie skep “groot probleme” in die land.

Neem deel aan die gesprek en lewer gerus hier onder kommentaar!

L.W. U gebruik die Disqus-kommentaarafdeling op eie risiko en PRAAG, die redaksie of enige verwante persone of entiteite aanvaar geen verantwoordelikheid vir u kommentaar en watter gevolge ook al daaruit mag voortspruit nie. Terselfdertyd vereis ons dat u ter wille van beskaafdheid, redelikheid en die gerief van ander gebruikers, u sal weerhou van kwetsende taalgebruik, vloekwoorde, persoonlike aanvalle op medegebruikers, twissoekery en algemene "trol"-gedrag. Enigeen wat só 'n laspos word, sal summier verbied word en sy IP-adres sal insgelyks versper word. Ons sal ook nie huiwer om, waar nodig, kriminele klagte aanhangig te maak teen individue wat hulle aan dreigemente, teistering of intimidasie skuldig maak nie.